Skip to main content

Posts

Showing posts from February, 2013
DIE LEWE IS ‘N FEES!! En  nie net wanneer jy 'n glas goeie rooi wyn in die hand het nie! Of as jy blomme in jou huis het nie - hierdie was sommer takkies en bessies uit die tuin. Dit is die klein dingetjies. . . soos die Franse sĂȘ " Le Petit Bonheur" wat die lewe lekker en feestelik maak! Het baie om te deel maar wonder waar om te begin? Ek weet fotos gaan 'n integrale deel van my blog wees... van mooi plekke en bestemmings. Die natuur. Mense en dan die oorsprong van my feestelike lewe- Jesus , my Vriend en Here. Wel om my reis bietjie te kan verstaan moet ek by van my "gedigte" uitkom. Hierdie een het ek tydens die onlangse Desember geskryf terwyl ek 'n mooi huis en tuin ( die dinge wat ek telkens weer so geniet) opgepas het. Kaal in Doordekraal Die sprinkelbesproeiers tik-tik saggies en Massas groen bos-en- boom is beskutting Van stadslawaai Die reghoek van water- turkoois en koel, laat my kraai Ja- van lekker en n