Skip to main content

Posts

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve
Recent posts

Avontuur in Kaapstad- vrou alleen!

My motto! Solo Avontuur in Kaapstad. .. Kanaal bootrit vanaf Waterfront - Brownies en Downies Cafe -Kaapse argitektuur en Langstraat Retro....wat het dit met mekaar te doen?  Wel dit is wat ek alles vandag ervaar het ! Ek voel 'n besondere vryheid om sterk,onafhanklik en alleen die stad aan te durf  . Die rooi ferryboot is toegerus met oorfone( wat jy maar kan saamvat om dalk in jou selfoon te gebruik )en daar word in 'n paar tale vir jou al die interessanthede van die kanaalroete  vertel - soos dat Oprah 'n multi-miljoen -rand penthouse hier het- en nog ber oemdes soos Elton John ook hier woonplek besit. By die  KIKS konvensiesentrum klim ek af en  bevind myself aan die onderpunt van die bekende en boheemse Langstraat. Net vir die wis  of die onwis vat ek my handsak se band dwarsoor my lyf vas en hou my selfoon/kamera in my baadjiesak . Van pure lekker soek ek nou sommer 'n koffiewinkel en word deur vri

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed. ·        ‘n Vri

How I celebrated my birthday festively in spite of constraints

One night a few weeks ago I woke up with an idea for celebrating my birthday! I am not one to pass up on an occasion to be with my friends and I must admit I like a bit of attention. ( Don't we all?) and what better time to be a little spoilt than one's birthday! The idea was a Potluck party, meaning the emphasis on fun and getting potluck- and having fun in whatever casual and funny  thing you wear ; and the food simple and easy and filling Hence the choice of a stew! thus potluck... I sent out a cheerful invite to say we are having a sing-song around the piano ( a recent gift from a very good friend who emigrated to Australia) I chose old and well-known songs , typed them out and found a friend who is a pianist. One friend offered to bring my favourite dessert, Sago pudding with a caramel sauce, I asked one friend to bring chips and dip, another for a plate of snacks,and another offered a Lemon Meringue for with the coffee.Everyone brought their own drinks, I bought two bot

Rustig, groet ek die herfs...

Rustig? want dis Sondagmiddag waar ek weereens alleen - maar nie eensaam - kuier op my liggeel sagte sofa met vintage kussings wat my koester. Ek groet die nuwe seisoen ; die ritseling van die Bouganvillea takke roer op my klein systoepie waar die deure darem nog kan oopstaan vir die ietwat yler herfson. Ek is bly oor die son want die wintergrou le voor en in my gedagtes draal ek na die reen wat wat ons so nodig het, na sambrele wat omdop in die Kaapse wind, na die begeerte vir enige iets knus en warm en vertroostend.... soos bekers warm sjokoladedrankies, pantoffels, jou warmwatersak en oorgooikombersies wat wag op elke stoel, ook na bredies en sjerrie, 'n vriendin se biltongsop en heerlike vet boeke om te lees! Dan kan ek nie vergeet van my kat en my opkrul met genotvolle Kyknet programme, die brei of hekelwerk byderhand en natuurlik my altyd-teenwoordige inkleurboeke. Ek lief die kies van kleure vir prente, mandalas, modes of patrone. Meimaand is verjaarsdag wat die keer&

Lig in die Tonnel

O p 'n onskuldige Dinsdag in die Sep-lente van die Kaap is ek nog om 9.20 in die kooi! ( vir die oningeligtes -die bed) . Skande want die son sukkel om uit te kom en die voëls sing lustig - dit in skrille kontras met my gemoed ( dalk net change of season blues?). Al wat help ,wanneer ek uiteindelik surface is om d.m.v my stiltetydboeke myself na Jesus se voete te sleep. .... en dan na die lees van die boeke, met die titels "Love that will not let you go", Streams in the Desert,, Asemskep-oomblikke met my kat, Saphera   wat haarself lê  en was,en die wete dat ek in Sy sorg is, voel ek bietjie meer myself ... en kan ek weer begin met " My Festive Journey...!"

Eenkant toe...op 1ste Sondag in Augustus

My belewenis van 'n Sondag alleen.. . Teen die heuwel - die Tygerberg heuwel Teenoor die berg - die Tafelberg Met ver langs, in die oog, die see - die Bloubergsee Voor my 'n rietomsoomde dam - 'n bruin dam met eende Links van my hoe bome - Bloekombome Reg langs my 'n grys boomstomp- 'n afgekapte grysaard. Daar is tekens van mense - hier 'n man met hond daar 'n vrou met kind hulle is min , en dis goed so Dis 'n soel Sondag met son bestreel Die nou-en-dan se briesie is nog winters Die belofte van lente is daar... En ek? - sit op my roesrooi opvoustoel en weerkaats die oranje van die Mangovlug wat bokant my opstyg. Doelbewus is ek hier - eenkant in die natuur wat troos, vernuwe en inspireer dalk op soek na antwoorde - Sy stem hoor? Na hartelus verlang -as jy wil Niemand word belas... Mymer net of dalk murmereer... Vrede is hier in die natuur een eend jaag 'n ander, tarentale pik-pik en mens word bewus van geveerde vriende