Tamboerskloof trippie -my experience and photos
THE MANY FACES OF TAMBOERSKLOOF CAPE TOWN


Nou wat is so spesiaal aan Tamboerskloof? Wel dit is een van die oudste voorstede van Kaapstad en het die mooiste ou huise wat my in vervoering het - kyk, om in so Viktoriaanse huis met balkonne afgerond met broekielace en 'n vuurherd in elke kamer, houtvloere en skuifraam vensters te woon- klink vir my soos poeding elke dag! En moenie dieEdwardian huise en die ou 1940's Art Deco styl mis kyk nie! Dis net geboe balkon-mure ,ou wit gewels,piepklein stegies, skeefgewaaide bome en luukse verandas waar jy kyk.. Ek verwonder my so aan alles( en wil alles afneem) dat die karre agter my toet en kopskud, maar ek waai net vriendelik terug
.



Nou wat soek ek in hierdie kosmopolitaanse plek as ek eintlik net so 25 km af met die N1woon? Wel toe ek die kans kry om 'n huis en twee honde op te pas , en ek hoor dit sit hoog teen die berg... toe spring ek. Ek vat die "gap" want Kaapstad voel mos sommer soos vakansie!
Nou die huis waarin ek bly is ongelukkig van 'n ander stoffasie - ene grys beton en groot glas vensters- hoekig, modern en koud- glad nie my smaak nie nie, maar wie kan nou kla as jy voel asof jy in 'n 4 ster hotel bly - 'n glaskas van 'n lift wat jou tussen die vier vlakke vervoer, terwyl jy net nie genoeg van Tafelberg en Leeukop kry nie! Die kabelkarretjies wat op en af ry, die rooi " hop-on - hop off " toeristebusse sien jy hier van bo af -daar by die kabelspoor se pad ry.



HIer onder in Tamboerskloof loop die bekende Kloofstraat berg op met dosyne eetplekke - sidewalk cafes , regte duur restaurante en boetiekwinkeltjies - en ja ek ontdek die Kloofstraat biblioteek wat in 'n ou huis is en die lekkerste cosy plek op n koue wintersdag is- hier lees jy koerant en loer na tydskrifte en wat 'n keuse van Afrikaaanse boeke!!

The petite Yorkie
The lovable PoodleEk besoek toe ook vir Elsa Joubert die skrywer

Net om die hoek is die ou Labia fliekteater... baie karaktervol met sy popcorn reuk ou tipe opslaan-stoele, flieks van o.a. Europa en selfs 'n kafeetjie waar jy onder die sterre kan sit terwyl die berg vir jou loer... en die duiwe loop sommer ook in die foyer!!Die biblioteek
![]() |
Entrace to Labia theatre |
Hier in Tamboerskloof kry jy enige tipe ding van slim prokureurskantore tot bo-heemse eetplekkies, duur boetiekwinkels en dan kan jy nog ook by die ou Longstraat Turkse baddens of binnenshuise swembad 'n draai gooi...of wat van High Tea by die Mt Nelson hotel waar jy celebrities en dalk 'n prins raakloop?
By die oppashuis geniet ek die feit dat alles so goed werk - die fancy bad , die yslike groot stort ,die luukse koffiemasjien , die glaskas vervoermiddel , die balkonne van glas en bo alles die BERG en die stadsliggies wat nog skitter as ek so na 7vm wakker word .. die son wat opkom oor die Boland berge en die nabyheid van die see... hoe beter om die Kaap in die winter te beleef??
Comments
Post a Comment