Skip to main content

Posts

Showing posts from April, 2013
Moet ook vertel van Eastbury Cottage waar ons tuisgegaan het... ons was bo- op met sulke wit houttrappe en die vertrekke - sitkamer met kombuisie aan, en twee slaapkamers en so dakstoepie is alles so see-en-strand "gedecorate"  Beddegoed is wit en kamer is in wit-en blou en die sitkamer het so sagte bank en tww rottangstoele met kussings en daar is mandjies vol tydskrigfte en mens kan by die Dvd - bib onder lekker flieks leen vir die aande..... bedags het ons rondgery- Fernkloof toe, Gansbaai na die perlemoenplaas toe waar Gill se seun vir ons vars vis uit die see gebraai het, na Stanford toe , waar ons met die River Rat boot met die Kleinrivier o p gevaar het en waar ons twee visarende gesien en gehoor het!! Al jammerte was dat ek nie weer kon swem nie! Nog fotos: Die boonste twee is van ons blyplek , en dan nostalgiese outydse rokke by Romantiques in Hermanus en dan ons op die boot in Stanford
Sjoe ek leer nog hoe om die blog te doen.... so hier is nog vakansie dinge van die Overberg! Na Struisbaai en die ligtoring by Agulhas is ons via Gansbaai na Hermanus- en daar herontdek toe die vakansie dorp met sy "boardwalk " al langs die see, die nuwe mall, die talle nuwe wonderlike winkeltjies en koffieplekke en Romantiques- daardie mekka van vintage en memorabilia. Natuurlik ook die gewone draai gemaak by Hemimgways, die wonderlike outydse boekwinkel- nou heelwat duurder as wat ek dit onthou... en raai wat - daar is toe nog 'n hele paar tweedehandse  boekwinkels.  Een oggend het ek alleen deur die dorp geluier en kuier - eers die Burger gaan lees oor 'n koppie koffie en 'n muffin, met 'n uitsig oor Walkerbaai natuurlik! Deur boekwinkels en antieke winkels en die mark bokant die Ou Hawe gedrentel en toe ontdek ek Oscars- die oulikste deli/koffiewinkel. Hier sien jy 'n muurlange boekrak op ooghoogte , almal met skarings van rooi omslae- val heel g
Well just recently had a most rewarding holiday with my two friends in the Overberg. We went to Langezandt Fisherman's Cottages- my timeshare for 4 nights. Just look at the pretty cottages: En het ons nie die ongerepte strand en die oop blou lug met wolkies en die voƫls geniet nie! We drove to Arniston where I had a swim Great! en toe vat ons die nare sinkpad na De Mond waar ek in die Heuningvlei rivier geswem het ons ons ons piekniek gehad het. 'n Heerlike dag.