Skip to main content

Posts

Showing posts from 2016

Rustig, groet ek die herfs...

Rustig? want dis Sondagmiddag waar ek weereens alleen - maar nie eensaam - kuier op my liggeel sagte sofa met vintage kussings wat my koester. Ek groet die nuwe seisoen ; die ritseling van die Bouganvillea takke roer op my klein systoepie waar die deure darem nog kan oopstaan vir die ietwat yler herfson. Ek is bly oor die son want die wintergrou le voor en in my gedagtes draal ek na die reen wat wat ons so nodig het, na sambrele wat omdop in die Kaapse wind, na die begeerte vir enige iets knus en warm en vertroostend.... soos bekers warm sjokoladedrankies, pantoffels, jou warmwatersak en oorgooikombersies wat wag op elke stoel, ook na bredies en sjerrie, 'n vriendin se biltongsop en heerlike vet boeke om te lees! Dan kan ek nie vergeet van my kat en my opkrul met genotvolle Kyknet programme, die brei of hekelwerk byderhand en natuurlik my altyd-teenwoordige inkleurboeke. Ek lief die kies van kleure vir prente, mandalas, modes of patrone. Meimaand is verjaarsdag wat die keer&