Skip to main content

Posts

Showing posts from October, 2014

'n Nuwe aspek van my feestelike lewe!!

Nou die dag is ek oppad na die pragtige Paarl en terwyl ek so na die radio in die kar luister en aan die nuus in ons ou landjie dink, begin die skryfgogga my weer byt en ek formuleer in my gedagtes wat mens oor die nuus kon kommentaar lewer! Toe besluit ek op 'n titel en hier is dit: Radio Rondomskrik - kommentaar op die nuus. Ter inligting : Die naam van hierdie radiostasie is  gekies omdat Suid Afrikaners nou vanaf alle kant ,dus rondom, geskrik is. Gautengers dink al hoe meer om te verhuis na die Kaap, nie oor die berge of die see nie- ook nie a.g.v die lekker wynplase nie. Nee dit gaan oor WATER ... daar is volop skoon water in die Kaap en sake word bestuur deur 'n verantwoordelike regering ten spyte van die feit dat dit  twee vrouens is wat aan die bewind is.. Daar is gerugte dat sekere dorpe in Gauteng en die Vrystaat  'n paar DA mense gaan invoer om hul probleme op te los. Dit is ook nie net water wat die mense laat skrik nie, O nee dan is daar die kragr