Skip to main content

'n Nuwe aspek van my feestelike lewe!!

Nou die dag is ek oppad na die pragtige Paarl en terwyl ek so na die radio in die kar luister en aan die nuus in ons ou landjie dink, begin die skryfgogga my weer byt en ek formuleer in my gedagtes wat mens oor die nuus kon kommentaar lewer! Toe besluit ek op 'n titel en hier is dit:

Radio Rondomskrik - kommentaar op die nuus.

Ter inligting : Die naam van hierdie radiostasie is  gekies omdat Suid Afrikaners nou vanaf alle kant ,dus rondom, geskrik is.

Gautengers dink al hoe meer om te verhuis na die Kaap, nie oor die berge of die see nie- ook nie a.g.v die lekker wynplase nie. Nee dit gaan oor WATER ... daar is volop skoon water in die Kaap en sake word bestuur deur 'n verantwoordelike regering ten spyte van die feit dat dit  twee vrouens is wat aan die bewind is.. Daar is gerugte dat sekere dorpe in Gauteng en die Vrystaat  'n paar DA mense gaan invoer om hul probleme op te los.

Dit is ook nie net water wat die mense laat skrik nie, O nee dan is daar die kragrekenings van Escom wat nou nie betaal is nie en nou moet die arme mense water in emmers aandra en nog ook dalk kerse begin gebruik en dan natuurlik die groot rugbystryd van die Bokke dalk gaan misloop..... dis nou eintste hoekom die Kaap so aanloklik lyk.

 Die Kapenaars mors ook maar lekker met water veral in sekere voorstede ( ons sal nie name noem nie)- hulle dink seker as die nood druk kan hulle darem in die see skoon kom en wie weet dalk is dit tog nie so duur om seewater te ontsout nie??

Party mense wonder of die water en ligte dinge in Nkandla werk?? Hulle hoef seker glad nie daarvoor te betaal nie, maar wag maar Malema sal dit seker nog oopvlek...

Nouja ons Suid-Afrikaners kan darem ook nie regtig kla nie- ons het volop sonskyn en as mens van die paaie afbly kan jy dit miskien maak tot die Wegraping wat ook nou glo nie meer so eeue ver kan wees nie.   Natuurlik die wat hulself Christene noem sal dan nie hoef te bekommer oor die jare van verdrukking wat daarna sal voorle nie- hulle sal dan weg wees na waar daar vrede en volop water sal wees. 

Maar om weer terug te kom na ons verskrikte landjie.....die berugte E-tolstelsel is glo aan die bankkrot gaan. Sanral kan nie hul finansiele verpligtinge nakom nie en weet ook glad nie hoe hulle die baie uitstaande boetes kan invorder nie!! So ons oftewel julle in die Noorde kan uitsien na weer lekker gratis op die groot paaie ry!


Suid -Afrika het nog skandes gemaak- hulle die land wat sommer twee Nobelpryswenners opgelewer het, moes toe nou die Kongres van die Nobelpryswenners wat in die lieflike Kaap sou plaasvind, kanselleer want die befaamde regeing wil nie die Delai Lama hier toelaat nie - en dit terwille van Sjina, wat in elk geval al ons winkels en dorpe insypel om hulle goedkoop gemors te verkwansel. Arme FW en Tutu is so onthuts en wat sou Madiba daarvan gese het??

Maar nouja die mense van ons land hou maar hulle Afrikaanse feeste soos KKNK en Aardklop en Opiekoppie en die Kreeffees en die Vleisfees en die Opiewa-fees en die Woordfees - daar is mos nou oral feeste want ons Afrikaners moet maar bymekaar kom en troos vind in musiek en teater en handwerkstalletjies . Soms hak van hulle ook uit daar

Ons probeer maar die kultuur bewaar want die taal word nou lelik tenagekom... die universiteite is te Afrikaans vir die regering en die banke en besighede kan nie meer die telefone in Afrikaans beantwoord nie. Mens moet jou bloeddruk eers opjaag en jou stem dikmaak om dan iemand op die lyn te kry wat so geradbrakte Afrikaans praat!! Ja dis 'n verskrikking want waar gaan dit eindig??

Nog iets wat die skrik aanhelp is die kinders se gebrek aan taalvermoens.... daar word nie meer  hoofletters en ander leestekens gebruik nie- hulle weet nie wat ons ryke idiomatiese uitdrukkings beteken nie en die neiging is nou mos deesdae as die toetse of eksamens verby is bly sommige kinders sommer tuis en daar meestal is daar nie toesig nie so hulle kan dan nou lekker TV kyk sonder enige beperking op ouderdom. Ja tye het verander. Ek dog mens gaan skool netsoos mens tog eendag sal moet gaan werk!!

Nouja dit is die einde van hierdie kommentaar op die welstand van die landjie waarvoor ons tog "wil lewe en wil sterwe - ons Suid Afrika!"

Tot volgende keer
Dit is Radio Rondomskrik in die Kaap..

Terug in die Paarl bly ek toe in 'n lieflike Italiaanse villa -tipe huis met baie wat my in die paradys sit te wete pragtige uitsig oor wingerd en berge. 'n laaang swembad , die volle DSTV pakket en 'n losstaande bad voor 'n venster met 'n asemrowende uitsig. Voeg daarby die PAARL dorp se ou huise, restaurante en die Afrikaanse Taalmusem en dan is dit 'n regte Feestelike reis ..... aldus my tema.
Nou 'n paar fotos....
My karretjie in ryk en lieflike omgewing

Villa -tipe huise waar ek huissit

Die toringkerk in Paarl- pragtig!

Ek kuier by Kikka restaurant - heerlik...

"n Laatmiddag foto van die swembad.
Die mooie oue Paarl 

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!