Skip to main content

Posts

Showing posts from August, 2015

Eenkant toe...op 1ste Sondag in Augustus

My belewenis van 'n Sondag alleen.. . Teen die heuwel - die Tygerberg heuwel Teenoor die berg - die Tafelberg Met ver langs, in die oog, die see - die Bloubergsee Voor my 'n rietomsoomde dam - 'n bruin dam met eende Links van my hoe bome - Bloekombome Reg langs my 'n grys boomstomp- 'n afgekapte grysaard. Daar is tekens van mense - hier 'n man met hond daar 'n vrou met kind hulle is min , en dis goed so Dis 'n soel Sondag met son bestreel Die nou-en-dan se briesie is nog winters Die belofte van lente is daar... En ek? - sit op my roesrooi opvoustoel en weerkaats die oranje van die Mangovlug wat bokant my opstyg. Doelbewus is ek hier - eenkant in die natuur wat troos, vernuwe en inspireer dalk op soek na antwoorde - Sy stem hoor? Na hartelus verlang -as jy wil Niemand word belas... Mymer net of dalk murmereer... Vrede is hier in die natuur een eend jaag 'n ander, tarentale pik-pik en mens word bewus van geveerde vriende