Skip to main content

Posts

Showing posts from 2014

Boeke en Blydskap...

 Die wonder van woorde en boeke wat beȉndruk Ek wonder hoeveel ander alleen-mense soos ek het al die wonder en die geselskap van boeke ontdek - nie net om eensame tye vas te vat nie, maar om blymoedig en begeesterd te word? My kamer ... inteendeel , my huis is vol boeke, sommige ou vertroude vriende - ander 'n tydelike opkikker en ander vir die  nou en dan se    troos ! 'n Lewe sonder boeke is vir my bar en leeg. 'n Huis sonder 'n boek of tien is sonder siel. Mens moet mymer oor waar en wat jy  alles  lees? Op die Internet, jou selfoon, facebook, die ewige aanstuur van e-posse of die koerant?   Elkeen het sy plek... vir my niks lekkerder as om my Saterdag Burger afgelewer met my eerste koppie tee in die bed te geniet nie!   Dis mos 'n goeie begin vir 'n naweek, so bietjie inhaal op die belaglikhede van die politiek, die lekker artikels  oor Geskiedenis en kultuur in die By en dan gou loer na die flieks wat wag! Ander kere as mens iewers moet wag bv by d

'n Nuwe aspek van my feestelike lewe!!

Nou die dag is ek oppad na die pragtige Paarl en terwyl ek so na die radio in die kar luister en aan die nuus in ons ou landjie dink, begin die skryfgogga my weer byt en ek formuleer in my gedagtes wat mens oor die nuus kon kommentaar lewer! Toe besluit ek op 'n titel en hier is dit: Radio Rondomskrik - kommentaar op die nuus. Ter inligting : Die naam van hierdie radiostasie is  gekies omdat Suid Afrikaners nou vanaf alle kant ,dus rondom, geskrik is. Gautengers dink al hoe meer om te verhuis na die Kaap, nie oor die berge of die see nie- ook nie a.g.v die lekker wynplase nie. Nee dit gaan oor WATER ... daar is volop skoon water in die Kaap en sake word bestuur deur 'n verantwoordelike regering ten spyte van die feit dat dit  twee vrouens is wat aan die bewind is.. Daar is gerugte dat sekere dorpe in Gauteng en die Vrystaat  'n paar DA mense gaan invoer om hul probleme op te los. Dit is ook nie net water wat die mense laat skrik nie, O nee dan is daar die kragr

Jaunty ! Full of smiles - ready to face the world!

After a couple of months of not-such -good circumstances ,of rather less that my usual festive journey, I am back.... Toe ek vanoggend by die biblioteek uitklim en met my duur rooi handsakkie ( wat ek onlangs gewen het ) ,met 'n wip in my stap oor die pad loop,terwyl ek vir almal glimlag, toe weet ek -dis tyd om weer by my  feestelike pad op my blog uit te kom! Na die moeilike tyd ( wat ook nog nie heeltemal verby is nie), voel ek weer soos die ou Denise -  die een wat met optimisme, entoesiasme vir die lewe en blymoedigheid die lewe deur reis. Wat het my weer regop gekry? Wel, die Heer se genade, maar ook die Emosionele Intelligensie werkswinkel wat oor twee aande by Vredelust, my geestelike huis aangebied is. Ek pas toe wat Prof Pieter van Jaarsveld vir ons gebied het oor goeie positiewe gedagtes en emosies, 'n wete dat ek as wenner geskape is( in Sy beeld), en dat ek kan gelukkig wees ten spyte van my omstandighede. Ek visualiseer die goeie dinge wat nog kom en ek bly glim

My Winterstorie.

Vanaand op pad terug huis toe, l ê die aarde deurdrenk  van sagte winterr ëen, die paaie is blinknat, die blare verwaaid en platgetrap, dis nou die stilte na wind en weer. En ek dink hoe dankbaar ons moet wees,die bome, die plante en ons mense. Dis mos strome van S ëen, of nie? Net daar kom die woorde op in my en wil ek skryf - ek wil dit deel met wie ookal. Wat is so spesiaal of anders aan hoe die Kaapse winter mens laat voel.   Party mense wil sommer amper semi-permanent onder die duvet inkruip. . . hulle voel die klam koue, en wil sommer hiberneer. Ander weer sien net 'n kaggelvuur, met 'n goeie Cabernet of Merlot en die een klomp wil die geselskap van goeie 'n boek h ê, die ander een liewer 'n liefdesmaat. Daar is ook sekeres wat mal is oor die nat en die grys koue.Niks keer hulle nie- hulle ry fiets , gaan stap en die winter pla hul glad nie. Vir my is die winter 'n geleentheid om ten spyte van koue en die aanmekaar grysheid, tog nog feestelik te lewe.

Dis weer Vrydag…en hoe voel jỳ daaroor?

Ek weet daar word gesê dat die weke vlieg en mens moenie jou tyd omwens nie, en dat jou werk ‘n belangrike deel van jou lewe is… maar ek is tóg ‘n voorstander van heerlike bevredigende vrye tyd in mens se lewe! Daardie effense tinteling van weet daar lê drie aande en twee volle dae voor jou waar jy seker kan werk inhaal, of huis skoonmaak en dergelike sleurtake of dalk moet jy werk toe gaan… of jy kan enige of allerhande  dinge doen om die lewe lekker or gemakliker te maak, om die gejaagdheid en die druk te ontsnap. Jy kan laat slaap of , soos ek, in die bed lê met ‘n warm koppie tee en die koerant wat al die week se nuus  gee, of jy kan vroeg gaan gym en dan het jy meer energie vir die dag. Jy kan besluit om ontbyt op die stoep te eet en dan dalk in jou tuin te werk.  Jy kan ‘n vriendin nooi om saam te gaan koffie drink by ‘n mooi koffiewinkel of jy kan ,soos ek ,interessante dvds by die biblioteek gaan haal om oor die naweek te kyk Dan is daar die naweek-wegbreek wat nou

Add on to previous post omn How I keep my life festive....

Soos ek so pas genoem het, wil ek probeer meer kommentaar uitlok deur om in albei my tale te blog Ok then, I recently looked after someone's house and pets- which I seem to do on a regular basis nowadays- when instead of feeling alone in a relatively strange house, I got onto the big double bed and surrounded myself with a few of the pleasures in my life:  a cup of tea, something light to nibble on,my favourite radio station called RSG, some new magazines and my bookfriends ( by which I mean the books I am currently enjoying) and then my other new companion namely Lucy, the Laptop. I thought to myself what more could a single woman want? Ja daar is ek toe omring deur tydskrifte nl Good Housekeeping en die 'Tuis" . my nuwe speelding, Lucy die Laptop  en die volgende baie uiteenlopende boeke, MONUMENT deur Maretha Maartens- geskiedenis en roman , "SONDAG OP "N VOELPLAAS - nog 'n nuwe Afrikaanse boek, plus "THE HAT SHOP"so lekker ligte roman wat in

Hoe ek my lewe feestelik hou-how i keep my life a festive journey!

This is going to be a bilingual post- I am sure I should preferably translate my own blog, rather than having people trying to use google translate!! I would also like to prompt more comments - and have a very bilingual life with friends who speak both Afrikaans and English.. So here goes. Soos ek so pas genoem het, wil ek probeer meer kommentaar uitlok deur om in albei my tale te blog Ok then, I recently looked after someone's house and pets- which I seem to do on a regular basis nowadays- when instead of feeling alone in a relatively strange house, I got onto the big double bed and surrounded myself with a few of the pleasures in my life:  a cup of tea, something light to nibble on,my favourite radio station called RSG, some new magazines and my bookfriends ( by which I mean the books I am currently enjoying) and then my other new companion namely Lucy, the Laptop. I thought to myself what more could a single woman want? Ja daar is ek toe omring deur tydskrifte nl Good Hous

Food to add to the festivity of life......Beetroot- a discovery!

By 'n onlangse braai kom ek af op die heerlikste beet-blatjang wat ek summier besluit om dit te maak... en julle wat my ken, weet ek is nie 'n kok nie, maar die beet is rooi, en dis mooi en ek soek botteltjies ingemaakte beet-blatjang in my yskas! ! Not only is beetroot great for boosting  stamina  and making muscles work harder, it also contains  potassium, magnesium  and  iron  as well as vitamins A, B6 and C, and  Beets also contain  carbohydrates, protein, powerful antioxidants and soluble fibre.  What’s more, just three baby beetroot equal one of your recommended five portions of fruit and vegetables a day  acid. Toe maak ek dit! En dis LEKKER!! Hier is die RESEP Bestanddele 3 koppies suiker ( sommer bruin suiker) 2 koppies bruin asyn 4 koppies beet ( gekook en in blokkies gesny) 2 groot uie ( fyn gesny) 15ml kerriepoier 5ml sout 3-5 eetlepels maizena METODE Terwyl  beet kook, sit suiker en asyn in kastrol en en verhit tot suiker gesmelt is Sny gekookte be