After a couple of months of not-such -good circumstances ,of rather less that my usual festive journey, I am back....
Toe ek vanoggend by die biblioteek uitklim en met my duur rooi handsakkie ( wat ek onlangs gewen het ) ,met 'n wip in my stap oor die pad loop,terwyl ek vir almal glimlag, toe weet ek -dis tyd om weer by my feestelike pad op my blog uit te kom! Na die moeilike tyd ( wat ook nog nie heeltemal verby is nie), voel ek weer soos die ou Denise - die een wat met optimisme, entoesiasme vir die lewe en blymoedigheid die lewe deur reis.
Wat het my weer regop gekry? Wel, die Heer se genade, maar ook die Emosionele Intelligensie werkswinkel wat oor twee aande by Vredelust, my geestelike huis aangebied is. Ek pas toe wat Prof Pieter van Jaarsveld vir ons gebied het oor goeie positiewe gedagtes en emosies, 'n wete dat ek as wenner geskape is( in Sy beeld), en dat ek kan gelukkig wees ten spyte van my omstandighede. Ek visualiseer die goeie dinge wat nog kom en ek bly glimlag- ek hou om my ses positiewe "affirmations" oor myself te herhaal. Daar word gese "Fake it until you make it" So act happy until you feel happy!
Nou vir 'n paar fotos - o.a van my pragtige nuwe kleindogter- Hunter Shae- nou een maand oud!

Comments
Post a Comment