Skip to main content

Posts

Showing posts from 2013

'n Nuwe jaar- 'n nuwe journey- nog steeds feestelik ?

Tradisioneel is die tyd van die jaar 'n tyd van introspeksie en terugkyk maar ook vorentoe kyk. Ek wil dit ietwat anders doen- dis vir my 'n reis na binne; 'n tyd vir stilword en selfondersoek. Om dit te doen moet mens eenkant toe beweeg- as't ware in "retreat" gaan- weg van die alledaagse haas, dinge doen, tussen mense wees .... nie altyd maklik nie , maar moontlik.   Henri Nouwen het geskryf ' Silence, solitude and prayer are often the best ways to self-knowledge.Not because they offer solutions for the complexity of our lives, but because they bring us in touch with our sacred centre, where God dwells. It is the place of adoration, thanksgiving and praise" En dit is wat ek wil doen aan die einde van hierdie jaar- die Here loof en prys vir sy elke-dag-se-Genade. Ek wil stil wees en dink oor hoe Hy my gelei het in 2013 en wat ek geleer het uit my omstandighede. Ek weet reeds ek wil nie reaktief leef nie, maar liewer kreatief!  'n Ouli

Indrukke van 'n week in Desember 2013

Dis 'n lieflike somersaand. Ek sit amper buite-d.w.s.reg langs die oop deure na my klein systoepie, en ek is opnuut bly oor my laptop,want nou kan ek enige plek skryf! Soos gewoonlik is ek alleen, maar hierdie Desember voel ek nie so erg alleen nie- ek geniet my huis- doen dekordingetjies wat my plesier gee; gaan haal weer vir my sommer sewe biblioteekboeke plus twee CD's- een nogal van Johnny Clegg, wat ek toe in lewende lywe gesien het by die Kaapse stadion toe hy ook kom optree het by Ä Life Celebrated" wat kaapstad aangebied het. . . en wat 'n wonderlike geleentheid was dit nie! Dit het mens trots laat voel om saam met Nelson Mandela 'n Suid-Afrikaner te kon wees! Maar daarvan het ek genoeg op Facebook vertel. Om terug te keer na die nou hier op die somersaand. Wat opkom in my gedagtes is dat ek baie rustiger is ten spyte van die gewone Kersdinge wat my altyd bietjie familieloos en alleen gestem het. Hierdie Des het ek myself gevind met 'n nuwe werk , in

Hartseer oor ons geliefde Madiba-6 Des 2013

In my voorportaal brand daar twee kerse by 'n poskaart-foto van Madiba . . . dit is my klein eerbetoon aan Nelson Mandela vir wie ek die grootste respek en liefde het. I have lit two candles next to a photo of Nelson Mandela to show my respect and love for this great man, that changed our world to be a better place. He has been on my mind all week since seeing the film "A long Walk to Freedom", to the extent that I proposed a toast   to him at our cell group braai on Wed evening,, where we, a mixed group of South Africans were having a traditional braai together. The thought came to mind that how different our lives could have  been if it wasn't for Madiba! En toe vanoggend hoor ons hy is weg. Na 'n hele dag voor die tv waar al die huldeblyke van oral ingestroom het,besef mens weereens hoe geliefd en gerespekteer hy was. Ek bid dat sy familie sal troos vind, dat alles geod sal afloop met die begrafnis en dat hy in vrede sal rus. May the memory of this peace-l

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed. ·        ‘n Vri

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed. ·        ‘n Vri

A Vintage experience plus comment / 'n Vintage Ervaring plus kommentaar!!

After attending a delightful Vintage Tea at a nearby school , I feel inspired and creative and renewed! The tables were decorated with vintage pieces, flowers and delicacies. The ladies were most divinely dressed in vintage style, of course...... die dame wat opgetree het as spreker was ene Amanda Swanepoel wat die betekenis van VINTAGE vir ons uitgelê het en dit pragtig deurgetrek het na die kwaliteit van ons lewens, asook na ons geestelike bestaan. So the definition of Vintage :something of high quality from the pas;, maturity; classic... and it  refers to the quality of  past  fashions , decor, books, cars,  homes or wine.  Dit gaan oor die kosbaarheid van dinge- ook in jou geestelike lewe Dus ons hoef nie net OUD te word nie, maar liewer vintage te word-  ( en dit stem ooreen met my slagspreuk van feestelik reis deur die lewe!!) 'n Vintage geleentheid, soos hierdie oggend kan heerlike herinneringe oproep en spesiale items kan nostalgie bring . It is about memories, pe
"n Tyd vir Orde.  Vanoggend se stukkie lewesnwysheid oftewel hoe om Feestelik te lewe gaan oor orde in mens se lewe- 'n area waarmee ek sukkel maar strewe!  Ek lees in Gordon McDonald se boekie " 'n Tyd vir Orde"  'n hoofstuk oor    Die Herwinning van my tyd   as volg; " As my persoonlike lewe in orde is, sal dit wees omdat ek begin het om my "tydlekkasies" te verseë en my produktieewe ure met onagneminmg van my vermoëns, beperkings en prioriteite te gebruik. En hoeveel "tydlekkasies" is daar nie die alledaagse lewe nie? Te wat jy jou bekommer oor die toekoms, wat jy dalk doelloos voor die televisie rondsit; daar is 'n legio dinge wat ons doen so deur die dag wat waardevolle tyd laat verlore gaan.  Verder sê die boekie- Onbeheerste tyd vloei na my swakhede! ( Iets om oor te dink!) Mens spandeer te vell tyd aan dinge wat jy nie voor aangelê is nie, terwyl die take wat jy  besonder effektief kan deurvoer, en waarin jy uitblin

Wellewend in Welgemoed- Sondag 4 Aug

Ek pas 'n huis, 5 katte en twee wit hondjies op vir 'n week en geniet elke oomblik hier, ek sit op die stoep en in dankbaarheid erkentlikheid teenoor my Vader skryf ek weereens uit my hart uit! 'n Ruig groen oase van die natuur het die effek om my te stuur na 'n meer lieflike loflike ruimte waar ek uitkyk op weelderige plantegroei en blou water. Skielik lig my gemoed- ek moet hier wees- op hierdie stoep in die loom namiddagstilte met voëls wat singkoer en katte wat na my loer. Ja na waters waar rus is het Hy my gebring- dit alles voel so tydig en reg; die leesstof, die musiek van Mozart, die glasie chardonay - en die veraf vriendelike stem van RSG- en dan kom lê die laaste fyn strale van die son saggies op my! Ek besef net weereens dat die Here weet altyd wat ons nodig het.... op 'n moeilike tyd by my Boston huis, het ek skielik die huis hier en die diere gekry om te kom oppas.... presies toe ek net kon baat by 'n ander , mooier en rustige atmosf

Mymeringe op die vooraand van Augustus!

So... ja... die afgelope sewe dae was dalk ietwat minder feestelik. maar kan 'n mens dan heeltyd op 'n hoogtepunt van gelukkig voel en in 'n vakansie stemming wees? Nee, " Life Happens" en so het eers my motor "die gees gegee" en toe het my kind se dinge my erg gestres! Vanaand neem ek egter bestek op. Miskien het die dinge met 'n doel gebeur, en ja miskien het die Here van my lewe dit otegelaat om later te onthul waarom dit moes gebeur? Wie weet,dalk werk dit "alles ten goede" Dus begin ek dit aanvaar en gaan die beste maak hiervan, al voel ek maar taamlik in my dop gekruip oor die dinge. Het maar weereens besef - "eenling is die mens gebore"- jy moet maar opstaan en aangaan, al voel jy ongemaklik-alleen en soms vereensaam. Geheim is dan om tog maar na ander uit te reik- hoe moet hulle dan ook weet hoe alleen jy voel? Dus raap en skraap ek nou al die bietjies ligpunte, die stukkies van my diverse belangstellings en liefhebb

Sondagmiddagstorie

Ek her vir die eerste keer in 'n lang tyd weer die Sondagmiddag teneergedruktheid.... en vir geen rede nie! Ek verlang na mense wat ek nie eers ken nie! En na my familie en veral na my kinders. . . But no matter- ek gaan sommer vanaand kerk toe en ek weet die Here lig my altyd weer op.  Ek sien die eerste deel van my pensketse van my treinreis het verdwyn- so ek sit dit weer op - leer ook maar  En net een foto vandag! Pensketse van ‘n treinrit,  Kaapstad – Johannesburg  Retoer ‘n Oorslaaptrein en stasies met name soos Nelspoort, Merriman, Hutchinson en Oranjerivier klink vir my tog te interessant  en ou-w êrelds! Dus vertrek ek na Johannesburg en Pretoria ,  vir  ‘n weeklange kuier . Gestewel en gespoor teen die koue Noorde, klim ek ,my groot vet blou tas, ‘n swart toksak vol boeke , nog ‘n drasak met dit en dat en my styfgeknypte handsak op Bellville stasie op die trein met die rugbyliedjie-naam! Vir my voel hierdie romantiese manier van reis so reg; mens moet net nie haastig r

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!

Tyd om op hierdie Sondag bietjie filosofies te raak. . .

Ek lees in gister se By , my gunsteling bylaag van die Burger koerant oor Johan Degenaar, wat die Sokrates van Stellenbosch genoem word; Hy was van 1949 tot 1991dosent en hoogleraar in die filosofie aan Stellenbosch universiteit,en dan dra hy ook nog die wyshedi van die grysheid want hy is vanjaar 87!! Hy sê: " Elke dag is 'n speurtog en 'n wonderwerk... om hier te mag wakker word en hier is ek op hierdie bepaalde plek! " Verder sê hy, alhoewel sy liggaam begin ingee het, " Maar dit is juis die begin van die lewe!" En ek stem  saam- die Lewe is mos 'n fees en mens moet elke oomblik waardeer en geniet!Johan Degenaar is ook 'n man van boeke en woorde en hy "ontgin graag die betekenis van woorde" Hy " vind die lewe 'n  boeiende ding' Nou wonder ek hoekom so baie ouer mense so kla en so misrabel en sober en 'serious " is??  En die man het ook pyn- hy is reeds in die afdeling vir verswakte bejaardes. Hy kan nie meer so

9 Junie Sondagmiddag nuanses

Op hierdie  ysige Sondagmiddag is dit ek, my rekenaar ,die kol lig van my lampie( want dis maar grys buite) en die plantjie wat weer fyn nuwe pienk blommetjies uitstoot! Is maar stil maar ek dink terug aan gister se verjaarsdagfees om saam met Cobie te vier. Ek het nogal iets interessant vir haar gegee . Dit was een van daardie gestresde wit rame met een van haar Franse fotos wat ek vergroot en in die raam gesit het. Dit was vir haar pure plesier! Dit het so geluk-