Skip to main content

Wellewend in Welgemoed- Sondag 4 Aug

Ek pas 'n huis, 5 katte en twee wit hondjies op vir 'n week en geniet elke oomblik hier, ek sit op die stoep en in dankbaarheid erkentlikheid teenoor my Vader skryf ek weereens uit my hart uit!

'n Ruig groen oase van die natuur
het die effek om my te stuur na 'n meer lieflike loflike
ruimte waar ek uitkyk op weelderige plantegroei
en blou water.
Skielik lig my gemoed- ek moet hier wees- op hierdie stoep
in die loom namiddagstilte met voëls wat singkoer
en katte wat na my loer.

Ja na waters waar rus is het Hy my gebring- dit alles
voel so tydig en reg; die leesstof, die musiek van Mozart,
die glasie chardonay - en die veraf vriendelike stem van RSG-
en dan kom lê die laaste fyn strale van die son saggies op my!

Ek besef net weereens dat die Here weet altyd wat ons nodig het....
op 'n moeilike tyd by my Boston huis, het ek skielik die huis hier en die diere gekry om te kom oppas.... presies toe ek net kon baat by 'n ander , mooier en rustige atmosfeer. 
Hier is rus en stilte , baie boeke, mooi musiek, en heerlike sonnige hoekies om in te sit,
en as ek wil kontak hê, dan is daar my rekenaar, die radios, die DSTV en my swart maatjie- die selfoon!
 Gedink ek wil vandag deel hoe belangrik boeke kan wees in mens se lewe! Oral waar ek gaan merk ek boeke op. Hierdie eerste fotos w2as in 'n skouhuis waar ek gesit het. Die mense was duidelik lief vir lees!! Nogal in hulle slaapkamer! Die 2de foto kan nie onthou waar nie- ,maar wat 'n rykdom van kennis in daardie boeke,

die 3de foto met die gordyne aan die punt van die gang was in Jan Smuts se huis in Irene, Pretoria. Daardie eertydse staatsman en soldaat het wyd gelees... die studeerkamer was aan vier mure vol boekrakke. Die laaste foto onthou ek nie.   
Ek wil net gou 'n paar boeke noem wat die moeite werd is om te lees:

Die Blou van Onthou- Marieta Van de Vyffer, skrywers soos Helena Hugo, Chris Karsten - sjoe daar is so baie . ek soek nog na Sophia Kapp se Huis van die Wind, en Klara deur mariel le Roux En Liefde vir Lienke deur Elaine Marais.

Daar is vir my min dinge lekkerder as om met sewe nuwe boeke van die bib af te kom , die aand in die bed te klim en hulle dan een-vir een so te proe proe en dan te belsuit watter een eerste! Soms lees ek sommer , afwisselend twee boeke op dieselfde stadium.

Wel dis nou een aspek van hoekom MY LEWE FEESTELIK IS!!






Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

My Seven-day birthday celebration !!

In an effort to accept and make sense of this ageing matter , I had this sudden inspiration to embrace the fact the fact that I am turning 70 in this month of May...rather than to fear it or make it go away...and this after several years of not easily admitting to my 60-plus status! The fact is that I feel so much younger.... healthy and with more energy and exuberance than a lot of younger people. I realised that there is no getting away from the years... thus why not go big... hence the week-long festivities. I set about it by creating a Powerpoint invitation of several slides in which I set out the plans I had for doing pleasurable acitivities every day for a week...with which ever friends cared to join in. This was , more or less what my first page contained: I took great pleasure in designing this page and writing the rhyme/verse playing with the words starting with S as in the heading  SASSY SENSUOUS AND A SHARP SEVENTY which is how I see myself... not for me the g...