Skip to main content
"n Tyd vir Orde. 

Vanoggend se stukkie lewesnwysheid oftewel hoe om Feestelik te lewe gaan oor orde in mens se lewe- 'n area waarmee ek sukkel maar strewe! 
Ek lees in Gordon McDonald se boekie " 'n Tyd vir Orde"  'n hoofstuk oor

   Die Herwinning van my tyd  as volg;

" As my persoonlike lewe in orde is, sal dit wees omdat ek begin het om my "tydlekkasies" te verseë en my produktieewe ure met onagneminmg van my vermoëns, beperkings en prioriteite te gebruik.

En hoeveel "tydlekkasies" is daar nie die alledaagse lewe nie? Te wat jy jou bekommer oor die toekoms, wat jy dalk doelloos voor die televisie rondsit; daar is 'n legio dinge wat ons doen so deur die dag wat waardevolle tyd laat verlore gaan. 
Verder sê die boekie- Onbeheerste tyd vloei na my swakhede! ( Iets om oor te dink!) Mens spandeer te vell tyd aan dinge wat jy nie voor aangelê is nie, terwyl die take wat jy  besonder effektief kan deurvoer, en waarin jy uitblink, verwaarloos jy. 
Wees vindingryk en vind maniere om die take waarmee jy nie so goed is nie, met ander te deel, of dalk uit te skakel? En hou dan by jou prioriteite en dit wat jy goek kan doen.

( Ja sal mense sê maar wat van al die sleurtake waarvoor jy dalk niemand het om dit oor te neem nie?) Ek dink mens moet nie die "small stuff sweat nie nie" ( dit kom uit iemand se boek)
En dan verloor mens kosbare "vandag' tyd deur  om jou  oor more  se dinge te kwel!!v ( dis ek daai!)
Maar basta!! 
So waaraan gaan ek meer tyd bestee..... ? Aan skryf en kreatief wees, aan my sake alles in orde te kry, en dinge in my huis te vereenvoudig.
Ek gaan my finansieêl toelê om my huis klaar te betaal en minder aan onnodige dinge te spandeer.

En ja ook om by die Here kers op te steek oor wat Hy eintlik van my wil hê in die vorm van diens!!

Oudergewoonte 'n paar fotos om die dag op te kikker.......

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!