Skip to main content

Mymeringe op die vooraand van Augustus!

So... ja... die afgelope sewe dae was dalk ietwat minder feestelik. maar kan 'n mens dan heeltyd op 'n hoogtepunt van gelukkig voel en in 'n vakansie stemming wees?
Nee, " Life Happens" en so het eers my motor "die gees gegee" en toe het my kind se dinge my erg gestres!
Vanaand neem ek egter bestek op. Miskien het die dinge met 'n doel gebeur, en ja miskien het die Here van my lewe dit otegelaat om later te onthul waarom dit moes gebeur? Wie weet,dalk werk dit "alles ten goede"
Dus begin ek dit aanvaar en gaan die beste maak hiervan, al voel ek maar taamlik in my dop gekruip oor die dinge.
Het maar weereens besef - "eenling is die mens gebore"- jy moet maar opstaan en aangaan, al voel jy ongemaklik-alleen en soms vereensaam. Geheim is dan om tog maar na ander uit te reik- hoe moet hulle dan ook weet hoe alleen jy voel?

Dus raap en skraap ek nou al die bietjies ligpunte, die stukkies van my diverse belangstellings en liefhebberye en die kolletjies kreatiwiteit bymekaar om te kan voortgaan.
Wil nou so paar fotos deel van my onlangse vakansie in Gauteng; Die eerste foto is deur die treinvenster geneem van die vrugteboorde van die Kaap. Foto No 2 is vriendin Arisa van pretoria se dierbare honnekinders wat sommer in die stroompie gaan lê  Foto nr 3 is 'n foto van 'n foto van die opening van die Voortrekker Monument in 1948 wat ek as baie klein dogtertjie bygewoon het!! Foto nr 4 is by ons Matriek reunie in Pretoria - Antoinette, Lynette en ekke- heerlik gekuier! Foto nr 5 is die Sterkfontein dam in KZN wat ek saam met vriend Johan besoek het, en Foto no 6 is in die kuswinkeltjie by Bronkhorstspruitdam - die top wat ek toe nie gekoop het nie!! Maar sou wou...
Foto no 7 is ook by die dam se restaurant waar vriende Schalk en Mariana die heerlikste frambroos en roos drankie geniet het Foto no 8 is die Hervormde kerk van Bronkhorstspruit en die rooi outydse kar ( foto no9) is 'n outydse rooi kar ook by die dam! Ai maar dis mooi!!


  is







Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

How I celebrated my birthday festively in spite of constraints

One night a few weeks ago I woke up with an idea for celebrating my birthday! I am not one to pass up on an occasion to be with my friends and I must admit I like a bit of attention. ( Don't we all?) and what better time to be a little spoilt than one's birthday! The idea was a Potluck party, meaning the emphasis on fun and getting potluck- and having fun in whatever casual and funny  thing you wear ; and the food simple and easy and filling Hence the choice of a stew! thus potluck... I sent out a cheerful invite to say we are having a sing-song around the piano ( a recent gift from a very good friend who emigrated to Australia) I chose old and well-known songs , typed them out and found a friend who is a pianist. One friend offered to bring my favourite dessert, Sago pudding with a caramel sauce, I asked one friend to bring chips and dip, another for a plate of snacks,and another offered a Lemon Meringue for with the coffee.Everyone brought their own drinks, I bought two bot...