Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2015

My roetekaart vir 2015 - in 'n geestelike sin

Ek sit in a amper-herfs sonnetjie met 'n briesie deur my venster wat wil-wil vra vir 'n truitjie- dis heerlik en soet-stil... net die vo ë ls wat kwetter en sing hier in die bome en die ligte gerinkel van die "wind-chime" Ek is besig met die Here - met Sy woorde en Sy waarhede, sy liefdevolle alwetende vermanings en direktiewe... en toe kom Vredelust ( my kerk) se dagstukkie deur op my selfoon. Die opskrif is  - Jou Roetekaart vir 2015. ( Wel enige iemand wat my ken , sal weet die woord "roetekaart" sal my altyd laat regop sit..omdat ek so lief is vir reis-dinge) Die vrae in die stuk het my opgewonde gemaak en dadelik wou ek die vrae beantwoord maaar nie voor ek so bietjie gedink het en bestek opgeneem het nie ! Besef toe dit gaan tyd verg , en met 'n skietgebed van dankie  dat ek tyd het vanoggend , besluit ek om vinnig 'n koppie tee te maak vir die saamsit met die Here. Mmm - lekker! So rustig in die sonnetjie oor ''n koppie tee. Di