Skip to main content

My roetekaart vir 2015 - in 'n geestelike sin


Ek sit in a amper-herfs sonnetjie met 'n briesie deur my venster wat wil-wil vra vir 'n truitjie- dis heerlik en soet-stil... net die voëls wat kwetter en sing hier in die bome en die ligte gerinkel van die "wind-chime"
Ek is besig met die Here - met Sy woorde en Sy waarhede, sy liefdevolle alwetende vermanings en direktiewe... en toe kom Vredelust ( my kerk) se dagstukkie deur op my selfoon.

Die opskrif is  - Jou Roetekaart vir 2015.

( Wel enige iemand wat my ken , sal weet die woord "roetekaart" sal my altyd laat regop sit..omdat ek so lief is vir reis-dinge)
Die vrae in die stuk het my opgewonde gemaak en dadelik wou ek die vrae beantwoord maaar nie voor ek so bietjie gedink het en bestek opgeneem het nie ! Besef toe dit gaan tyd verg , en met 'n skietgebed van dankie  dat ek tyd het vanoggend , besluit ek om vinnig 'n koppie tee te maak vir die saamsit met die Here.
Mmm - lekker! So rustig in die sonnetjie oor ''n koppie tee. Die vrae is :

Wie is jy? Waar kom jy vandaan? Hoe ver trek jy op jou reis? en Hoe voel jy oor daardie  punt in jou lewe waar jy jou tans bevind?

So - wie is ek?
Ek is  'n volgeling van Jesus - Sy kind wat baie op Hom steun vir krag en moed en leiding. Hy is my Vader, my Redder en my Voorsiener. Ek is oneindig dankbaar dat ek Hom in 1992 ontmoet het in in my hart ingenooi het ! Sedertdien dra Hy my as alleenvrou, moeder, ouma, broodwinner en vriendin.

Waar kom ek vandaan?

Ek is ook in sonde gebore, grootgeword in 'n goeie maar nie aktiewe Christen huis nie.Ek weet egter dat my Vader my geskep het as 'n mens met baie gawes en talente- sommige selfs nou nog nie tot volle wasdom gekom nie. Ek het geweet van Jesus maar eers tydens die swaar van 'n egskeiding het my verhouding met Hom begin, en soos hulle sê "I have never looked back...."

Ek kom uit 'n jong lewe as kerklidmaat d.m.v katkisasie en aanneming, maar het eers baie later as deel van 'n Metodiste kerk die Here aanvaar as my Redder en deur Sy liefdevolle voorsiening oor jare, en my geestelike tuiste,  Vredelust het ek gegroei totdat ek my nou as deel van Sy Bruid sien.

My stiltetyd het verdiep en toegeneem. Ek is deel van Sy familie beide in die kerk en in my selgroep/huiskerk. Ek voel die warmte en die omgee van my Christen -familie( en het hoeka maar min  bloedfamilie) en ek praat met ( en skryf vir die Here) in gebed elke dag. Ek kan getuig van Sy liefdevolle optel van my - Sy rigting gee - Sy genade !

Hoe voel ek oor waar ek is op my reis ?



  • Ek is bewus dat ek tot meer in staat is as dit by aksie/bediening kom. Ek bid dat die Here my talente sal gebruik. Ek wil toetree tot die stryd en my reis met Jesus betekenisvol maak.
  • Ek wil ook nog stiller word en luister vir Sy stem - ek wil meer tyd by Sy voete deurbring.
  • Ek wil wegbreek van die wereldse oppervlakkigheid - die materiele gejaag..
  • Al ervaar ek by tye Sy vrede en vreugde, wil meer doen om soos Jesus te reageer op my omstandighede met my familietjie.
  • Ek wil vereenvoudig ( simplify) en bewustelik lewe met Jesus as voorbeeld.

Nou is my Vrydagoggend verby en gaan ek met 'n gemoed vol vreugde na my middag-werk toe !


  •  


Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!