Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Want het ons dan nie 'n pragtige taal nie??
Vanmiddag gaan ek vir goeie vriendin Cobie kuier en my fotos wys en van my skryfwerk deel. O ja het ook my kort artiekl Pensketse van 'n Treinrit ingestuur na Huisgenoot! Ewe "cheeky" Sdal hulle dit plaas? Oe ek hoop so. Nouja tot later - hier is 'n paar fotos! Eers my lekker bed, wat vir my wink, en dan 'n bossie blomme vir 'n grys dag en dan 'n hoekie in my huis wat ek geniet- die aardbol wat my aan reis herinner en boeke... o boeke!!

Comments
Post a Comment