Skip to main content

Posts

Showing posts from June, 2014

My Winterstorie.

Vanaand op pad terug huis toe, l ê die aarde deurdrenk  van sagte winterr ëen, die paaie is blinknat, die blare verwaaid en platgetrap, dis nou die stilte na wind en weer. En ek dink hoe dankbaar ons moet wees,die bome, die plante en ons mense. Dis mos strome van S ëen, of nie? Net daar kom die woorde op in my en wil ek skryf - ek wil dit deel met wie ookal. Wat is so spesiaal of anders aan hoe die Kaapse winter mens laat voel.   Party mense wil sommer amper semi-permanent onder die duvet inkruip. . . hulle voel die klam koue, en wil sommer hiberneer. Ander weer sien net 'n kaggelvuur, met 'n goeie Cabernet of Merlot en die een klomp wil die geselskap van goeie 'n boek h ê, die ander een liewer 'n liefdesmaat. Daar is ook sekeres wat mal is oor die nat en die grys koue.Niks keer hulle nie- hulle ry fiets , gaan stap en die winter pla hul glad nie. Vir my is die winter 'n geleentheid om ten spyte van koue en die aanmekaar grysheid, tog nog feestelik te lewe.