Vanaand op pad terug huis toe, lê die aarde deurdrenk van sagte winterrëen, die paaie is blinknat, die blare verwaaid en platgetrap, dis nou die stilte na wind en weer. En ek dink hoe dankbaar ons moet wees,die bome, die plante en ons mense. Dis mos strome van Sëen, of nie?
Net daar kom die woorde op in my en wil ek skryf - ek wil dit deel met wie ookal. Wat is so spesiaal of anders aan hoe die Kaapse winter mens laat voel.
Party mense wil sommer amper semi-permanent onder die duvet inkruip. . . hulle voel die klam koue, en wil sommer hiberneer. Ander weer sien net 'n kaggelvuur, met 'n goeie Cabernet of Merlot en die een klomp wil die geselskap van goeie 'n boek hê, die ander een liewer 'n liefdesmaat.
Daar is ook sekeres wat mal is oor die nat en die grys koue.Niks keer hulle nie- hulle ry fiets , gaan stap en die winter pla hul glad nie.
Vir my is die winter 'n geleentheid om ten spyte van koue en die aanmekaar grysheid, tog nog feestelik te lewe. Dus begin ek al in Mei, met my verjaarsdag met 'n Potluck Party waar ons enige snaakse goed dra, lekker 'sing-song" hou om die klavier en ek en my beste vriende 'n warm aandjie saam geniet.
Daarna begin die gedagtes draai na die Julie skoolvakansie wanneer ek graag trein vat na die Noorde waar my skoolvriende my gasvry ontvang vir 'n reeks kuiertjies en sommer ook n matriek reunie! Ek beplan en bespreek lank voor die tyd my plek en maak my lysies . Dis juis daardie uitsien na 'n wintervakansie in die middel van die jaar wat lekker is!
Tussenin doen ek graag verskuif van meubels en diverse ander dinge in my huis, klein dekor dingetjies- en alles is gemik daarop om die huis meer snoesig te maak teen die winter. Hier in die Kaap is die son maar min en afgeskeep, dus kry ek sommer gouer koud en dan span mens allerhande dinge in om warm te word
As jy nie 'n lekker kaggelvuur het nie, dan is daar seker verwarmers maar hulle is maar bra sielloos. Ek gebruik lekker diepkleur knie kombersies, sit sommer met 'n warmwatersak voor die tv, of oorreed die kat om op my skoot te kom lê
Dis ook lekker om onder die donsige duvet te klim met 'n beker Milo of warm sjokolade, en as jy nou moet alleen slaap dan 'n mooi boek( of twee) naby jou. Deesdae geniet ek natuurlik my skootrekenaar wat ek sommer Lientjie Laptop noem.
Kyk die lengte van die winter in die Kaap raak naderhand 'n probleem- mens mis die son. Daarom vat ek die breek en gaan Gauteng toe waar dit kouer is maar mens kan in 'n sonnige hoekie gaan sit en dink, of brei of lees ! Ek is hoeka 'n mens vir kleur so die grysheid staan my nie regtig aan nie.
Dis op wintersaande dat mens lekker na RSG luister - na mooi musiek en dalk 'n radio drama. Dis dan wanneer dit lekker is om te brei , of te hekel- enige handwerk kan tog so lekker jou gedagtes losmaak .
Ok , dan is daar ook die wintersklere - ek voel altyd ek is beter aangetrek in die winter want met serpe en musse en boots kan mens ver kom ! En dan is daar mos daardie lekker "long johns" wat beter en warmer is as kouse d.i nou pantyhose. En Woollies se dunnerige gestreepte en mooi "spencers"wat nou meer lyk na langmou t-hemde, is net die ding vir die Kaapse winter.
Genoeg - ek was 'n kind van Gauteng met sy snerpende winter , ryp, veldbrande en vaal velde, maar genoeg SON. Nou ek is 'n ouerwordende vrou in die Kaap met sy sagte rëen, sneeu op die berge en die Kaap van Storms wind, en ek kla nie. Ek pas aan en ek maak die winter feestelik - op my manier!
Dan net nog 'n paar fotos om te illustreer ...

![]() |
De Doorns se winterdamme |
![]() |
HottentotsHollandberge- wintertyd |
![]() |
Wintertuin in Bronkhorstspruit |
![]() |
Op pad na KZN - naby Harrismith- die plat berg |
![]() |
Die nuwe kragstasie op pad na Witbank- wintervaal gras |
Comments
Post a Comment