Skip to main content

Wedderwill Country Estate Sir Lowry's Village Helderberg


Deel van my feestelike ontdekkingsreis 
WEDERVILLE COUNTRY ESTATE -SIR LOWRY'S VILLAGE HELDERBERG

Ek sit op 'n houtdek,omring deur varsgroen en ou donkergroen loof.
Oral bome - soos in 'n woud -party winterkaal.Voor my lê die Bolandberge - ek kyk op die  Sir Lowry's pas.
Behalwe die tjirpende voels , le die twee Boerboelhonde -die rede vir my hierwees- by my voete, en dis goed want dit is aanraking , dit is toegeneentheid.
Die houthuis wat ek oppas word omring deur hout loopppaadjies   waterstrome en rykgekleurde klip.Saans stap ek met die honde en oral is versteekte ligte wat skyn deur die blare, en hier is nog sterre sigbaar- soms 'n ligte mistigheid- dit voel soos in 'n woud...hier en daar brand 'n lig van 'n ander huis- die bevoorregtes se private luuksheid.
Die afgelope vier dae was vir my 'n lewensles.Dit is soms goed om alleen op 'n plek te wees-die honde se bruin oe en sagte ore is dan genoeg. Ek besef ek hou nie van donker nie-stilte kan ek nou waardeer maar ek soek die sagte warm ambience van 'n lampie, 'n kers of 'n vuurtjie.
Ek besef ook ek mis my uitgesoekte televisie programme ; hier is net Showmax en Netflix, maar ek herontdek die radio en nou ook Radio Helderberg. Glad nie so gaande oor Showmax en dies meer nie, behalwe dalk vir twee reekse - Downton Abbey en The Crown

Ek het ook hier ervaar dat ek ware empatie het met 'n hond wat siek is of iets makeer. Savanna die een jong Boerboel kon vanmiddag nie die drie trappe van die hout dek klim nie - ek het gepaai en aangemoedig -selfs met 'n lekkernytjie, maar sy weier. Ek het die hulp van 'n sterk buurman ingeroep...en nou is sy op haar eie bed en kombers by my voete.( Eers baie later vertel die huismense dat sy bang is vir sulke oop trappe - jong hond- bang vir die oop gaping!
Hulle moes my ingelig het,dink ek)
Ander ding- ek raak soms bietjie terneergedruk so op my eie,maar toe ek my met sorg mooi aantrek en grimeer - besef ek toe - ek sien vir meer kans... moet dit ook by my huis toepas.
So kry mens insigte oor jou menswees , as jy op 'n ander plek is en uit jou gemaksone beweeg
Later het ek ook besef alleen kan lekker wees- en as mens dan nog jou eie vuur pak en dit brand lekker, dan bly jy rustig met net die honde breiwerk en musiek op die radio.
Die mooi van Wedderwil


Ek besef 'n ander of anderster plek doen jou goed. Jy ervaar nuwe dinge soos om om 'n kragopwekker te gaan aansit as die krag afgaan. Jy vind 'n huis het sy eie geluide en hier huil die wind oor Valsbaai en suisend deur die bome.Nouja met 'n kaasbroodjie en 'n beker warm sjokolade kom jy ver! Ek vind altyd 'n troosdingetjie - dikwels in die yskas??
Die uitsien na iets is regtig vir my belangrik- as ek nog wil-wil alleen voel dan beplan ek iets- in hierdie geval 'n strandpiekniek die volgende dag.Sit op 'n rots met my eie piekniek en wegneem koffie en is oneindig dankbaar vir die dàar wees.
Dit kom ook by my op dat ek dalk te veel en te vinnig wil doen.. hier sien ek hoe ek rustiger en stiller kan raak ( sou nie daaraan gedink het by my eie huis nie!) 
Vandag -hier- het ek hope tyd en geleentheid om net opbouende dinge te geniet- ek kyk voels, pluk 'n wilde blommetjie, streel die kop van 'n liefdevolle hond, en dink weer daaraan dat mens so baie mis as jy te haastig en besig is.
Ja daar is ook lewe sonder jou selfoon jou whatsapp,facebook - en wi-fi is ook nie noodsaaklik nie.

Soos altyd besef ek, maak nie saak wat gebeur nie , die lewe is 'n reis en mens kan 'n fees daarvan maak !

Uitsig na Gordonsbaai


Bolandberge

Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Lig in die Tonnel

O p 'n onskuldige Dinsdag in die Sep-lente van die Kaap is ek nog om 9.20 in die kooi! ( vir die oningeligtes -die bed) . Skande want die son sukkel om uit te kom en die voëls sing lustig - dit in skrille kontras met my gemoed ( dalk net change of season blues?). Al wat help ,wanneer ek uiteindelik surface is om d.m.v my stiltetydboeke myself na Jesus se voete te sleep. .... en dan na die lees van die boeke, met die titels "Love that will not let you go", Streams in the Desert,, Asemskep-oomblikke met my kat, Saphera   wat haarself lê  en was,en die wete dat ek in Sy sorg is, voel ek bietjie meer myself ... en kan ek weer begin met " My Festive Journey...!"

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...