Skip to main content

Laat op 'n Somers-Sondag

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer !
Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder.
Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie!
So wat het dit behels?

·       ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed.
·       ‘n Vriendin van Pretoria se kuier, waartydens ons twee keer na die lieflike Stellenbosch toe gery het vir kuier by  “larger-than-life” mense- ‘n stem en drama-kunstenaar  en ‘n formidabele Duitse dame wat langs die kabbelende rivier  in haar stylvolle kothuis woon.  Sowat van ryke lap vir kussings en matte , damask en fluweel, kerse en mooigoed het ek lanklaas gesien! Ek sou vir ure kon wegsink in haar diep rusbank, en oordadig droom….




·       ‘n Besoek aan die dierbare Darling waar ek weereens ingedompel is in my ou verlange na ‘n kleindorpie-bestaan. Ek het die ambience ingedrink…. Daar was toe ook ‘n aandete by ‘n Hollandse vriendin, ontbyt by die “Mantis Mall”( dis nou eintlik die paar winkeltjies in ‘n tuin waar jy ‘n  informele restaurant, ‘n boekwinkel en oudhede  en selfs ‘n kwekery sal kry) Sien fotos
·       En toe die sublieme ( vir my) ervaring van ‘n aand in die Darling Museum waar ene Ross Devenish, ‘n bekende filmmaker, ( o.a van die rolprent Boesman en Lena), sy hele interessante lewensverhaal  vertel het op die mooiste Britse Engels – ek het my verluister aan sy uitspraak maar ook aan die maak van films- destyds en nou. Wyn en versnaperings het dit mooi afgerond. What a way to use a museum!!
·       En nog was die aand nie verby nie, want toe gaan maak ons ‘n draai by Evita se Perron waar so soort plaaslike talent karaoke nl “ Open Mike” aan die gang was. Enige iemand, ongeag van ouderdom, kon aansluit by die  tuisgemaakte orkes. Jolig-en luid!
·       Ons drie van –‘n-ander-generasie - moes later uitsluip, een vir een om nie aanstoot te gee aan die baldadige gehoor nie!
·       Op die derde dag het ek alleen, baie rustig met die Malmesbury pad teruggery en die landelikheid was baie mooi, en ek was versadig van die lekkerhede van hierdie lewe!
Die donker oorval my nou en dus gaan ek nou in waar my heerlike tydverdryf- my boeke- vir my wag-   ek lees op hierdie tydstip die volgende:
“ Die Uurwerk Kantel” van Marie Heese- ‘n ou-wêreldse vertelling wat my terugvoer na vervloë dae en die geskiedenis asook die genealogie(waarmee ek onlangs begin het)
“ A Book of Silence” by Sara Maitland. Dit gaan oor stilte wat baie meer is as die afwesigheid van geluid. Ook oor hoe helend dit kan wees.
William Kowalski se “ A Good Neighbour”waaroor daar gesê word
 “ clever emotional storytelling” en vir my is die ding dat dit oor ‘n ou huis en sy geskiedenis gaan.    En dan-
“Absolution” van Patrick Flanery wat in Suid Afrika afspeel en o.a gaan oor die “long dark shadow of apartheid”
Ja ek lees dikwels 3 tot 4 boeke in dieselfde tydperiode- dan die een , dan die ander- en dit werk vir my!! Never a dull moment and very much part of what makes my life FESTIVE !

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed. ·        ‘n Vri