Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in
die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van
hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer !
Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee
katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte
geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die
katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike
manier feestelik-bly, maar ook verteder.
Die lewe is goed!! En dit het te doen daarmee dat ek het die
afgelope veertien dae interessante
geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie
ver nie!
So wat het dit behels?
· ‘n
Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte
heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te
hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed.
· ‘n
Vriendin van Pretoria se kuier, waartydens ons twee keer na die lieflike
Stellenbosch toe gery het vir kuier by
“larger-than-life” mense- ‘n stem en drama-kunstenaar en ‘n formidabele Duitse dame wat langs die
kabbelende rivier in haar stylvolle
kothuis woon. Sowat van ryke lap vir
kussings en matte , damask en fluweel, kerse en mooigoed het ek lanklaas
gesien! Ek sou vir ure kon wegsink in haar diep rusbank, en oordadig droom….
· ‘n
Besoek aan die dierbare Darling waar ek weereens ingedompel is in my ou
verlange na ‘n kleindorpie-bestaan. Ek het die ambience ingedrink…. Daar was
toe ook ‘n aandete by ‘n Hollandse vriendin, ontbyt by die “Mantis Mall”( dis
nou eintlik die paar winkeltjies in ‘n tuin waar jy ‘n informele restaurant, ‘n boekwinkel en
oudhede en selfs ‘n kwekery sal kry)
Sien fotos
· En
toe die sublieme ( vir my) ervaring van ‘n aand in die Darling Museum waar ene
Ross Devenish, ‘n bekende filmmaker, ( o.a van die rolprent Boesman en Lena),
sy hele interessante lewensverhaal
vertel het op die mooiste Britse Engels – ek het my verluister aan sy
uitspraak maar ook aan die maak van films- destyds en nou. Wyn en versnaperings
het dit mooi afgerond. What a way to use a museum!!
· En
nog was die aand nie verby nie, want toe gaan maak ons ‘n draai by Evita se
Perron waar so soort plaaslike talent karaoke nl “ Open Mike” aan die gang was.
Enige iemand, ongeag van ouderdom, kon aansluit by die tuisgemaakte orkes. Jolig-en luid!
· Ons
drie van –‘n-ander-generasie - moes later uitsluip, een vir een om nie aanstoot
te gee aan die baldadige gehoor nie!
· Op
die derde dag het ek alleen, baie rustig met die Malmesbury pad teruggery en
die landelikheid was baie mooi, en ek was versadig van die lekkerhede van
hierdie lewe!
Die donker oorval my nou en dus gaan ek nou in
waar my heerlike tydverdryf- my boeke- vir my wag- ek lees op hierdie tydstip die volgende:
“ Die Uurwerk Kantel” van Marie Heese- ‘n
ou-wêreldse vertelling wat my terugvoer na vervloë dae en die geskiedenis asook
die genealogie(waarmee ek onlangs begin het)
“ A Book of Silence” by Sara Maitland. Dit gaan
oor stilte wat baie meer is as die afwesigheid van geluid. Ook oor hoe helend
dit kan wees.
William Kowalski se “ A Good Neighbour”waaroor
daar gesê word
“ clever
emotional storytelling” en vir my is die ding dat dit oor ‘n ou huis en sy
geskiedenis gaan. En dan-
“Absolution” van Patrick Flanery wat in Suid
Afrika afspeel en o.a gaan oor die “long dark shadow of apartheid”
Ja ek lees dikwels 3 tot 4 boeke in dieselfde
tydperiode- dan die een , dan die ander- en dit werk vir my!! Never a dull
moment and very much part of what makes my life FESTIVE !
Comments
Post a Comment