My motto! |
Solo Avontuur in Kaapstad...
Kanaal bootrit vanaf Waterfront - Brownies en Downies Cafe -Kaapse argitektuur en Langstraat Retro....wat het dit met mekaar te doen? Wel dit is wat ek alles vandag ervaar het !
Ek voel 'n besondere vryheid om sterk,onafhanklik en alleen die stad aan te durf .
Die rooi ferryboot is toegerus met oorfone( wat jy maar kan saamvat om dalk in jou selfoon te gebruik )en daar word in 'n paar tale vir jou al die interessanthede van die kanaalroete vertel - soos dat Oprah 'n multi-miljoen -rand penthouse hier het- en nog beroemdes soos Elton John ook hier woonplek besit.

By die KIKS konvensiesentrum klim ek af en bevind myself aan die onderpunt van die bekende en boheemse Langstraat. Net vir die wis of die onwis vat ek my handsak se band dwarsoor my lyf vas en hou my selfoon/kamera in my baadjiesak .
Van pure lekker soek ek nou sommer 'n koffiewinkel en word deur vriendelike verbygangers gehelp.. en daar kom ek op die oulike Brownies- en -Downies Cafe af - 'n plek waar Down-sindroom jongmense opleiding kry as o.m kelners... en saam met jou cappuchino kry jy twee piepklein brownie-blokkies met 'n potjie room daarby...nogal uniek. - Sien foto

Toe ek verder stap sien ek die deftige 5-ster Radisson Blu Hotel en net daar besluit ek ,ek sal 'n brosjure vra en dan hulle toiletgeriewe gebruik. Ek hou my hoog Engels en ongeërg soos 'n toeris en word verwys na die 1ste vloer- dit pas my want ek wil al die mooi bekyk. Ek kom by 'n bar-lounge met 'n mooi groen rusbank- ek hou my in en bestel nie iets nie, maar hoor ek kan vanaf die 11de vloer 'n mooi uitsig kry.. ek vat summier die hysbak ,ontdek hulle Fitness Centre en ek stap in ; niemand keer my nie en ek neem lustig fotos van die stad. -sien fotos
Ek wals met bravado verby die ontvangsbestuurder op my pad uit.
Ek sien 'n winkeltjie met die naam Oh so Retro , so vintage plek met kleurvolle klere en sonbrille...en ek pas aan en neem fotos ...geniet my gate uit! Daarna sien ek so hangende plastiek stoel in die Holiday Inn se foyer en sien 'n foto-geleentheid...hulle gee glad nie om nie.

Terug by die boot se optelpunt het ek 15 min om te wag en net daar is dit toe piekniektyd... ek is vereers al een daar en kan dus lekker eet aan my lemon -creams en Mango Tango koeldrankie. En hier kom so bekende gesig met haar kenmerkende bos blonde hare..en dit is toe Chanelle de Jager wat juis nou in Fynskrif - 'n nuwe reeks op Kyknet asook in die fliek Stroomop speel... en ek knoop 'n geselsie met die vriendelike aktrise aan- kry sommer van haar en die boot 'n foto.( sien bo)..
So vaar ons tussen peperduur " apartments" en grasieuse palmbome deur en sien waar die seewater hier ingepomp word en heeltyd sirkuleer. Ek sien so trappiesding af na die water en besef hier kan selfs geswem word , wat 'n bonus! Daar word ook met duur private seiljagte en kano's rondgerits en elke brug kan oopmaak vir groter bote.
Ek besef as ek nou wikkel na die parkeergarage toe, dan hoef ek dalk nie vir nog 'n uur te betaal nie...maar toe ek by die betaalpunt kom ,kry ek nie my kaartjie nie - ek het net minute oor ..ek dop my sak om en net voor ek die R10 boete vir die verlore kaartjie moet betaal , sien 'n gawe man wat karre was, my kaartjie wat doer lê...ek is so verlig dat ek hom sommer 'n fooitjie gee !
Nou voel ek so in my skik met my waagmoed dat ek besluit ek gaan sommer gou kyk hoe lyk die nuwe Christiaan Barnard Gedenkhospitaal- nog 'n glaspaleis - ek kan mos met die GPS op my selfoon soek maar dis toe dat hy swart word en morsdood pap is!
Ek is nie lus om te soek en pad te vra nie, so dis seker tyd om huis te kry... lekker moeg maar baie tevrede met my dag wat vol avontuur was - ek glo mos dis sulke dae wat die lewe vir my feestelik maak!

![]() |
Holiday Inn stoel |

![]() |
Retro klere |

Comments
Post a Comment