Skip to main content

Eenkant toe...op 1ste Sondag in Augustus

My belewenis van 'n Sondag alleen...


Teen die heuwel - die Tygerberg heuwel
Teenoor die berg - die Tafelberg
Met ver langs, in die oog, die see - die Bloubergsee
Voor my 'n rietomsoomde dam - 'n bruin dam met eende
Links van my hoe bome - Bloekombome
Reg langs my 'n grys boomstomp- 'n afgekapte grysaard.

Daar is tekens van mense - hier 'n man met hond
daar 'n vrou met kind
hulle is min , en dis goed so

Dis 'n soel Sondag met son bestreel
Die nou-en-dan se briesie is nog winters
Die belofte van lente is daar...

En ek? - sit op my roesrooi opvoustoel
en weerkaats die oranje van die Mangovlug
wat bokant my opstyg.

Doelbewus is ek hier - eenkant in die natuur
wat troos, vernuwe en inspireer
dalk op soek na antwoorde - Sy stem hoor?
Na hartelus verlang -as jy wil
Niemand word belas...
Mymer net of dalk murmereer...

Vrede is hier in die natuur
een eend jaag 'n ander, tarentale pik-pik
en mens word bewus van geveerde vriende
tot 'n meeu in eensame vlug
hoekom maak mense die lewe soms 'n klug?

vermoeidheid met die alledaagse -verhoudings
wat aftakel - dryf my na buite, na die son
tyd vir opbeur  opbou  opskerp, en 'n oplewe
van my lewe - wat ek graag feestelik wil hou!

Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

Avontuur in Kaapstad- vrou alleen!

My motto! Solo Avontuur in Kaapstad. .. Kanaal bootrit vanaf Waterfront - Brownies en Downies Cafe -Kaapse argitektuur en Langstraat Retro....wat het dit met mekaar te doen?  Wel dit is wat ek alles vandag ervaar het ! Ek voel 'n besondere vryheid om sterk,onafhanklik en alleen die stad aan te durf  . Die rooi ferryboot is toegerus met oorfone( wat jy maar kan saamvat om dalk in jou selfoon te gebruik )en daar word in 'n paar tale vir jou al die interessanthede van die kanaalroete  vertel - soos dat Oprah 'n multi-miljoen -rand penthouse hier het- en nog ber oemdes soos Elton John ook hier woonplek besit. By die  KIKS konvensiesentrum klim ek af en  bevind myself aan die onderpunt van die bekende en boheemse Langstraat. Net vir die wis  of die onwis vat ek my handsak se band dwarsoor my lyf vas en hou my selfoon/kamera in my baadjiesak . Van pure lekker soek ek nou sommer 'n koffiewinkel en ...