Skip to main content

Die Oppe en Affe van 'n glaskas ryding


SATURDAY, 21 JULY 2018

Avontuur in Kaapstad- vrou alleen!

Related image
My motto!




SOLO AVONTUUR IN KAAPSTAD...





















Kanaal bootrit vanaf Waterfront - Brownies en Downies Cafe -Kaapse argitektuur en Langstraat Retro....wat het dit met mekaar te doen?  Wel dit is wat ek alles vandag ervaar het !

Ek voel 'n besondere vryheid om sterk,onafhanklik en alleen die stad aan te durf  .
Die rooi ferryboot is toegerus met oorfone( wat jy maar kan saamvat om dalk in jou selfoon te gebruik )en daar word in 'n paar tale vir jou al die interessanthede van die kanaalroete  vertel - soos dat Oprah 'n multi-miljoen -rand penthouse hier het- en nog beroemdes soos Elton John ook hier woonplek besit.
By die  KIKS konvensiesentrum klim ek af en  bevind myself aan die onderpunt van die bekende en boheemse Langstraat. Net vir die wis  of die onwis vat ek my handsak se band dwarsoor my lyf vas en hou my selfoon/kamera in my baadjiesak .
Van pure lekker soek ek nou sommer 'n koffiewinkel en word deur vriendelike verbygangers gehelp.. en daar kom ek op die oulike Brownies- en -Downies Cafe af - 'n plek waar Down-sindroom jongmense opleiding kry as o.m kelners... en saam met jou cappuchino kry jy twee piepklein brownie-blokkies met 'n potjie room daarby...nogal uniek. - Sien foto


Toe ek verder stap sien ek die deftige 5-ster Radisson Blu Hotel en net daar besluit ek ,ek sal 'n brosjure vra en dan hulle toiletgeriewe gebruik. Ek hou my hoog Engels en ongeërg soos 'n toeris en word verwys na die 1ste vloer- dit pas my want ek wil al die mooi bekyk. Ek kom by 'n bar-lounge met 'n mooi groen rusbank- ek hou my in en bestel nie iets nie, maar hoor ek kan vanaf die 11de vloer 'n mooi uitsig kry.. ek vat summier die hysbak ,ontdek  hulle Fitness Centre en ek stap in ; niemand keer my nie en ek neem lustig fotos van die stad. -sien fotos
Ek wals met bravado verby die ontvangsbestuurder op my pad uit.

Ek sien 'n winkeltjie met die naam Oh so Retro , so vintage plek met kleurvolle klere en sonbrille...en ek pas aan en neem fotos ...geniet my gate uit! Daarna sien ek so hangende plastiek stoel in die Holiday Inn se foyer en sien 'n foto-geleentheid...hulle gee glad nie om nie.

Holiday Inn stoel

Retro klere

Terug by die boot se optelpunt het ek 15 min om te wag en net daar is dit toe piekniektyd... ek is vereers al een daar en kan dus lekker eet aan my lemon -creams en Mango Tango koeldrankie. En hier kom so bekende gesig met haar kenmerkende bos blonde hare..en dit is toe Chanelle de Jager wat juis nou in Fynskrif - 'n nuwe reeks op Kyknet asook in die fliek Stroomop speel... en ek knoop 'n geselsie met die vriendelike aktrise aan- kry sommer van haar en die boot 'n foto.( sien bo)..
So vaar ons tussen peperduur " apartments" en grasieuse palmbome deur en sien waar die seewater hier ingepomp word en heeltyd sirkuleer. Ek sien so trappiesding af na die water en besef hier kan selfs geswem word , wat 'n bonus! Daar word ook met duur private seiljagte en kano's rondgerits en elke brug kan oopmaak vir groter bote.



Ek besef as ek nou wikkel na die parkeergarage toe, dan hoef ek dalk nie vir nog 'n uur te betaal nie...maar toe ek by die betaalpunt kom ,kry ek nie my kaartjie nie - ek het net minute oor ..ek dop my sak om en net voor ek die R10 boete vir die verlore kaartjie moet betaal , sien 'n gawe man wat karre was, my kaartjie wat doer lê...ek is so verlig dat ek  hom sommer 'n fooitjie gee !
Nou voel ek so in my skik met my waagmoed dat ek besluit ek gaan sommer gou kyk hoe lyk die nuwe Christiaan Barnard Gedenkhospitaal- nog 'n glaspaleis  -  ek kan mos met die GPS op my selfoon soek maar  dis toe dat hy swart word en morsdood pap is!
Ek is nie lus om te soek en pad te vra nie, so dis seker tyd om huis te kry... lekker moeg maar baie tevrede met my dag wat vol avontuur was -ek glo mos dis sulke dae wat die lewe vir my feestelik maak!

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging deur. En dit was goed. ·        ‘n Vri