Skip to main content

'n Nuwe jaar- 'n nuwe journey- nog steeds feestelik ?

Tradisioneel is die tyd van die jaar 'n tyd van introspeksie en terugkyk maar ook vorentoe kyk.

Ek wil dit ietwat anders doen- dis vir my 'n reis na binne; 'n tyd vir stilword en selfondersoek.

Om dit te doen moet mens eenkant toe beweeg- as't ware in "retreat" gaan- weg van die alledaagse haas, dinge doen, tussen mense wees .... nie altyd maklik nie , maar moontlik. 

 Henri Nouwen het geskryf ' Silence, solitude and prayer are often the best ways to self-knowledge.Not because they offer solutions for the complexity of our lives, but because they bring us in touch with our sacred centre, where God dwells. It is the place of adoration, thanksgiving and praise"

En dit is wat ek wil doen aan die einde van hierdie jaar- die Here loof en prys vir sy elke-dag-se-Genade. Ek wil stil wees en dink oor hoe Hy my gelei het in 2013 en wat ek geleer het uit my omstandighede.

Ek weet reeds ek wil nie reaktief leef nie, maar liewer kreatief!
 'n Oulike boek hieroor is " Sweef jy of sink jy? deur Jeanette de Klerk en CorisaMaria Bredenkamp - Kreatiewe Keuses wat 'n verskil maak.

Ander oulike boek is " jou Dink Nuut gids oor God se PLAN vir jou " deur Jannie le Roux.  Dit gaan oor - ontdek wie jy is en hoe jy moet leef - 'n heel verfrissende aanslag dink ek. 

And then there is a little thin book by Dianne Stewart called SEA SAND AND SKY - a Guide to finding restoration and inspiration in nature.  Ek het dit al ervaar hoe na mens aan die Here en die lewe voel as mens alleen in die natuur is. Ek beplan om nou voor ek begin werk so vir 'n dag alleen by die see- weg van mense - of by 'n rivier of iewers in die natuur deur te bring met net my joernaal. Dis wonderlik om vir 'n hele dag met niemand of niks te " inter-act" nie! Jou gedagtes maak wye en diep draaie...

Net nog so ietsie uit hierdie boek - sy skryf " But let us not delude ourselves into thinking commitments or busyness equals wholeness or fruitful living"

Wel mag julle almal 'n lieflike sinvolle reis deur die lewe in hierdie nuwe jaar ervaar.!  ( en nou vir so paar natuurfotos!)








Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Lig in die Tonnel

O p 'n onskuldige Dinsdag in die Sep-lente van die Kaap is ek nog om 9.20 in die kooi! ( vir die oningeligtes -die bed) . Skande want die son sukkel om uit te kom en die voëls sing lustig - dit in skrille kontras met my gemoed ( dalk net change of season blues?). Al wat help ,wanneer ek uiteindelik surface is om d.m.v my stiltetydboeke myself na Jesus se voete te sleep. .... en dan na die lees van die boeke, met die titels "Love that will not let you go", Streams in the Desert,, Asemskep-oomblikke met my kat, Saphera   wat haarself lê  en was,en die wete dat ek in Sy sorg is, voel ek bietjie meer myself ... en kan ek weer begin met " My Festive Journey...!"

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...