Skip to main content

Indrukke van 'n week in Desember 2013

Dis 'n lieflike somersaand. Ek sit amper buite-d.w.s.reg langs die oop deure na my klein systoepie, en ek is opnuut bly oor my laptop,want nou kan ek enige plek skryf! Soos gewoonlik is ek alleen, maar hierdie Desember voel ek nie so erg alleen nie- ek geniet my huis- doen dekordingetjies wat my plesier gee; gaan haal weer vir my sommer sewe biblioteekboeke plus twee CD's- een nogal van Johnny Clegg, wat ek toe in lewende lywe gesien het by die Kaapse stadion toe hy ook kom optree het by Ä Life Celebrated" wat kaapstad aangebied het. . . en wat 'n wonderlike geleentheid was dit nie! Dit het mens trots laat voel om saam met Nelson Mandela 'n Suid-Afrikaner te kon wees!

Maar daarvan het ek genoeg op Facebook vertel. Om terug te keer na die nou hier op die somersaand. Wat opkom in my gedagtes is dat ek baie rustiger is ten spyte van die gewone Kersdinge wat my altyd bietjie familieloos en alleen gestem het. Hierdie Des het ek myself gevind met 'n nuwe werk , in 'n heel nuwe rigting,nog voor ek seker was van my situasie met au pair werk van die afgelope jaar. Ek glo dis die Here wat weet waar ek moet wees en wat vir my die beste is. Lekker gevoel daai!

En dan is daar my ander huislike dinge met kinders ens, maar ek  het 'n kalmte en'n gevoel dat ek nie hoef in beheer te wees nie. Alles sal uitwerk.
Intussen geniet ek kyknet se Bravo program en sien uit na die nuwe fliek- "Stuur groete vir Mannetjies Roux"' en ook nou gekyk na Boer soek 'n Vrou- vir my 'n oulike program.

Soos ek altyd beweer die lewe is 'n fees! Mens moet net nie opgee nie, positief bly en aangaan!
Tot later!

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!