Op hierdie ysige Sondagmiddag is dit ek, my rekenaar ,die kol lig van my lampie( want dis maar grys buite) en die plantjie wat weer fyn nuwe pienk blommetjies uitstoot! Is maar stil maar ek dink terug aan gister se verjaarsdagfees om saam met Cobie te vier. Ek het nogal iets interessant vir haar gegee . Dit was een van daardie gestresde wit rame met een van haar Franse fotos wat ek vergroot en in die raam gesit het. Dit was vir haar pure plesier! Dit het so geluk-
My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer ! Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die hoofslaapkamer ...en dan - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...
Comments
Post a Comment