Skip to main content

Tyd om op hierdie Sondag bietjie filosofies te raak. . .

Ek lees in gister se By , my gunsteling bylaag van die Burger koerant oor Johan Degenaar, wat die Sokrates van Stellenbosch genoem word; Hy was van 1949 tot 1991dosent en hoogleraar in die filosofie aan Stellenbosch universiteit,en dan dra hy ook nog die wyshedi van die grysheid want hy is vanjaar 87!!
Hy sê: " Elke dag is 'n speurtog en 'n wonderwerk... om hier te mag wakker word en hier is ek op hierdie bepaalde plek! " Verder sê hy, alhoewel sy liggaam begin ingee het, " Maar dit is juis die begin van die lewe!"

En ek stem  saam- die Lewe is mos 'n fees en mens moet elke oomblik waardeer en geniet!Johan Degenaar is ook 'n man van boeke en woorde en hy "ontgin graag die betekenis van woorde" Hy " vind die lewe 'n  boeiende ding'

Nou wonder ek hoekom so baie ouer mense so kla en so misrabel en sober en 'serious " is??  En die man het ook pyn- hy is reeds in die afdeling vir verswakte bejaardes. Hy kan nie meer so baie lees nie maar wat my sal bybly is dit wat 'n draaipunt in sy lewe was - toe hy lees wat Sokrates sê; ' An unexamined life is not worth living.
For me, part of the examining life is to find new and beautiful places, pictures, words and scenes. On my many little travels( meaning I don't get to go overseas but do short trips in the Cape) I find great pleasure in taking photos like these:  THe first picture is on a recent wet weekend in Saldanha and Jacobsbaai.
The second one is the books at the foot of my bed- and the pleasure of flowers and words!! En die laaste een is 'n dubbele reënboog wat ek nog nooit vantevore gesien het nie!! En dit maak alles vir my die lewe 'n FEES!!

Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

Eenkant toe...op 1ste Sondag in Augustus

My belewenis van 'n Sondag alleen.. . Teen die heuwel - die Tygerberg heuwel Teenoor die berg - die Tafelberg Met ver langs, in die oog, die see - die Bloubergsee Voor my 'n rietomsoomde dam - 'n bruin dam met eende Links van my hoe bome - Bloekombome Reg langs my 'n grys boomstomp- 'n afgekapte grysaard. Daar is tekens van mense - hier 'n man met hond daar 'n vrou met kind hulle is min , en dis goed so Dis 'n soel Sondag met son bestreel Die nou-en-dan se briesie is nog winters Die belofte van lente is daar... En ek? - sit op my roesrooi opvoustoel en weerkaats die oranje van die Mangovlug wat bokant my opstyg. Doelbewus is ek hier - eenkant in die natuur wat troos, vernuwe en inspireer dalk op soek na antwoorde - Sy stem hoor? Na hartelus verlang -as jy wil Niemand word belas... Mymer net of dalk murmereer... Vrede is hier in die natuur een eend jaag 'n ander, tarentale pik-pik en mens word bewus van geveerde vriende ...