Skip to main content

Dis weer Vrydag…en hoe voel jỳ daaroor?



Ek weet daar word gesê dat die weke vlieg en mens moenie jou tyd omwens nie, en dat jou werk ‘n belangrike deel van jou lewe is… maar ek is tóg ‘n voorstander van heerlike bevredigende vrye tyd in mens se lewe!
Daardie effense tinteling van weet daar lê drie aande en twee volle dae voor jou waar jy seker kan werk inhaal, of huis skoonmaak en dergelike sleurtake of dalk moet jy werk toe gaan… of jy kan enige of allerhande  dinge doen om die lewe lekker or gemakliker te maak, om die gejaagdheid en die druk te ontsnap.
Jy kan laat slaap of , soos ek, in die bed lê met ‘n warm koppie tee en die koerant wat al die week se nuus  gee, of jy kan vroeg gaan gym en dan het jy meer energie vir die dag.
Jy kan besluit om ontbyt op die stoep te eet en dan dalk in jou tuin te werk.  Jy kan ‘n vriendin nooi om saam te gaan koffie drink by ‘n mooi koffiewinkel of jy kan ,soos ek ,interessante dvds by die biblioteek gaan haal om oor die naweek te kyk
Dan is daar die naweek-wegbreek wat nou eintlik die heel lekkerste is – en ek beveel dit  sterk aan as jy opgewen soos ‘n tol voel. Dan soek jy al teen Woensdag op die Internet vir ‘n plekkie wat nie te ver is nie
( gedagtig aan die petrolprys) en dan pak jy al Donderdagaand daardie naweektas en as jy klaar gewerk is Vrydag, dan val jy in die pad!
As jy nie so gelukkig is nie, dan doen jy alles op die Saterdag, en dan gebruik jy Sondag vir die regte doel- om te rus. Dis mos ‘n Bybelse opdrag, en daar is hele paar maniere om te rus. Jy gaan kerk toe verkwik jou siel en gees. Jy doen niks wat inspanning verg nie, en na middagete gaan slaap jy of lê en luister mooi musiek, lees ‘n boek en raak sommer bietjie stil voor die aanslag van nog ‘n besige week!
Ek het ‘n Engelse gedig op skool geleer wat gesê het : “What is this life if we have no time to stand and stare….? Sy naam was "Leisure"
So kan jy maar jou Sondag om sit. Hoekom nie?
Ek is oortuig daarvan dat elke mens die rus en ontspanning van ‘n naweek nodig het ! Viva Vrydae, Viva die naweek!!

Fotos is as volg: Die pad na Bonnievale - 'n ideale bestemming vir 'n naweek.En ditto?? Dan lekker kuier in 'n Stellenbosch koffiewinkel, nogal met boeke. 'n Kerk- geestelike tuiste..'n Stap in die tuin of naby water-  en laastens die winkels- mooigoed- soms binne in 'n koffiewinkel.. Ja-nee daar is altyd  iets om te geniet oor 'n naweek!.






Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!