Skip to main content

Boeke en Blydskap...

 Die wonder van woorde en boeke wat beȉndruk

Ek wonder hoeveel ander alleen-mense soos ek het al die wonder en die geselskap van boeke ontdek - nie net om eensame tye vas te vat nie, maar om blymoedig en begeesterd te word?

My kamer ... inteendeel , my huis is vol boeke, sommige ou vertroude vriende - ander 'n tydelike opkikker en ander vir die  nou en dan se    troos ! 'n Lewe sonder boeke is vir my bar en leeg.
'n Huis sonder 'n boek of tien is sonder siel.

Mens moet mymer oor waar en wat jy  alles  lees? Op die Internet, jou selfoon, facebook, die ewige aanstuur van e-posse of die koerant?   Elkeen het sy plek... vir my niks lekkerder as om my Saterdag Burger afgelewer met my eerste koppie tee in die bed te geniet nie!   Dis mos 'n goeie begin vir 'n naweek, so bietjie inhaal op die belaglikhede van die politiek, die lekker artikels  oor Geskiedenis en kultuur in die By en dan gou loer na die flieks wat wag!

Ander kere as mens iewers moet wag bv by die  dokter, kan jy lees wat op jou sosiale media aangaan en jy "touch sides with friends""daar ver oor die see.   Van  e-posse wil ek nie eers praat nie want tot jou rekenings kom nou so en dan nog die  boodskap van jou kerk, en ook al die gemorspos. Wanneer moet mens tyd vind om dit alles weg te werk??

Nee ek praat van leesgoed met lyf! Ek wil amper se 'n boek van "vlees en bloed"Jy kan aan 'n boek vat , hom ruik en indien jou eie en kosbaar kan jy hom weer lees!
.
 ( Dit geld ook vir regte briewe per slakkepos alhoewel die poskantoor nou gevou het... ons vertrou dit sal regkom!}.

Mens kan nie glo daar is nog  mense wat sonder boeke of leesstof deur die lewe gaan nie -ek praat nou nie van sommige banale tydskrifte  nie? Nouja dis seker beter as om glad niks te lees nie.... Terloops ek kom agter daar waar ek met kinders werk en sommige is al  tieners, dat  hulle algemene kennis is hopeloos... hulle weet niks van die wereld daar buite nie... ek skryf dit toe aan die swak leesgewoontes.

Vir goeie tydskrifte is ek ook baie lief - jy blaai hom eers deur, so proe-proe en dan later lees jy jy hom lekker en soek uit wat jou prikkel ... dan nog later soek ek inspirerende gedagtes en mooi prente vir my decoupage.... so'n tydskrif word volledig gebruik!!  Selfs dan gooi of gee ek hom moeilik weg  Watter tydskrifte vra jy???  Wel  Rooi rose  die wonderlike Leef ... Country Life en Weg en Insig en Sarie en Platteland en Finesse ...en... en      Need I go on?

BOEKE gee my egter my weeklikse lekker-kry uitstappie na die biblioteek... en watter wonderlike plek is dit nie??Ek voel telkens daai tikkie opwinding aan die gedagte van 7 nuwe boeke om in te delf, om meer te leer, om mee op te krul en wat my na ver plekke neem! So bly ek blymoedig en werk my ouerwordende brein op volle sterkte.. Weet almal dat ons biblioteek verskaf ook cds en dvds - menige lekker flieks al in gemak van my eie huis gekyk!

Goed ... boeke wat beindruk - my eerste lys van vyf boeke( chosen randomly)

1. KOPSKUIF   van Dawie Smith  ( was oor RSG behandel en baie goed om jou lewe en denke in oenskou te neem en aan te pas by verandering)
2 A BOOK OF SILENCE  deur Sara Maitland . To explore silence - a journey in search of the pleasures and powers of silence.
3. 'n Jarelange vertroueling - STREAMS IN THE DESERT  van L B Cowman
Devotional readings written in beautiful English and that talks to the heart
4 Vir die gelowiges onder ons - ONTDEK JOUSELF VOOR GOD - Leer jouself ken in 'n identiteitlose wereld Deur Braam en Mariette Hanekom
5. NOU IS ALTYD HIER deur Marthie Momberg - die storie van 'n gewone vrou wat bereid was om te eksperimenteer op soek na 'n beter meer harmonieuse lewe.

Ek volstaan nou eers hier- daar is soveel boeke wat mens kan noem bv as jy 'n lekker storie in 'n ver plek soek,  het ek so pas  na Kashmir in Indie gereis toe ek Rosie Thomas se boek    A KASHMIR SHAWL gelees het
Die lekker van lees is dat daar bykans onbeperkte keuses is... whatever takes your fancy ... boeke kan jou oplig, jy kan reis , jy leer nuwe dinge    - en so ontdek jy die wonder van woorde!
Tot later...


Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!