Skip to main content

Food to add to the festivity of life......Beetroot- a discovery!

By 'n onlangse braai kom ek af op die heerlikste beet-blatjang wat ek summier besluit om dit te maak... en julle wat my ken, weet ek is nie 'n kok nie, maar die beet is rooi, en dis mooi en ek soek botteltjies ingemaakte beet-blatjang in my yskas!
!Not only is beetroot great for boosting stamina and making muscles work harder, it also contains potassium, magnesium and iron as well asvitamins A, B6 and C, and Beets also contain carbohydrates, protein, powerful antioxidants and soluble fibre. What’s more, just three baby beetroot equal one of your recommended five portions of fruit and vegetables a day acid.
Toe maak ek dit! En dis LEKKER!! Hier is die RESEP

Bestanddele

3 koppies suiker ( sommer bruin suiker)
2 koppies bruin asyn
4 koppies beet ( gekook en in blokkies gesny)
2 groot uie ( fyn gesny)
15ml kerriepoier
5ml sout
3-5 eetlepels maizena

METODE

Terwyl  beet kook, sit suiker en asyn in kastrol en en verhit tot suiker gesmelt is
Sny gekookte beet in blokkies en voeg dan gesnyde uie en die beet in die asyn mengsel en laat prut vir 10 min.
( Mooi woord- prut!) Voeg dan kerrie en sout by. Prut verder vir nog 10 min. Voeg dan maizena opgelos met bietjie water, by. Mengsel word dan dikker. Prut nog so 10 min, en dan bottel mens dit in skoon warm bottels. ( en dan kan jy die bottels mooi maak en weggee aan vriende . Ek dink mens hou dit in die yskas!! Mmmm heerlik.

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!