Skip to main content

Rustig, groet ek die herfs...

Rustig? want dis Sondagmiddag waar ek weereens alleen - maar nie eensaam - kuier op my liggeel sagte sofa met vintage kussings wat my koester. Ek groet die nuwe seisoen ; die ritseling van die Bouganvillea takke roer op my klein systoepie waar die deure darem nog kan oopstaan vir die ietwat yler herfson. Ek is bly oor die son want die wintergrou le voor en in my gedagtes draal ek na die reen wat wat ons so nodig het, na sambrele wat omdop in die Kaapse wind, na die begeerte vir enige iets knus en warm en vertroostend.... soos bekers warm sjokoladedrankies, pantoffels, jou warmwatersak en oorgooikombersies wat wag op elke stoel, ook na bredies en sjerrie, 'n vriendin se biltongsop en heerlike vet boeke om te lees! Dan kan ek nie vergeet van my kat en my opkrul met genotvolle Kyknet programme, die brei of hekelwerk byderhand en natuurlik my altyd-teenwoordige inkleurboeke. Ek lief die kies van kleure vir prente, mandalas, modes of patrone. Meimaand is verjaarsdag wat die keer'n gesellige pyjama sop en brood dalk ook 'n warm poeding inkleursessie gaan wees.... ja ek verwelkom die herfs!! Terug na hierdie rusdag met sy lees en skryf en luister. Ek dwaal deur my ontspanningsvoorkeure - so lees ek die nuutste Taalgenoot tydskrif met sy vars en pragtige Afrikaans en deel ek verskeie gedagtes met my facebook vriende of praat ek met die Here in my joernaal. Streel ek die sagte lyf van my katmaatjie en bedink my solo-lewe. Ek waardeer die lekker van kies om te ry of the bly, te lees of te slaap, te skryf of in te kleur, die radio of die televisie. Dan verwonder ek my aan my veranderde ingesteldheid jeens Sondae alleen... die stiller geestelike en algemeen tevrede voel. En tog - diep onder in my hart voel ek daardie bekende opgewondenheid oor dinge, reise, mense wat nog kan voorle

Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

Eenkant toe...op 1ste Sondag in Augustus

My belewenis van 'n Sondag alleen.. . Teen die heuwel - die Tygerberg heuwel Teenoor die berg - die Tafelberg Met ver langs, in die oog, die see - die Bloubergsee Voor my 'n rietomsoomde dam - 'n bruin dam met eende Links van my hoe bome - Bloekombome Reg langs my 'n grys boomstomp- 'n afgekapte grysaard. Daar is tekens van mense - hier 'n man met hond daar 'n vrou met kind hulle is min , en dis goed so Dis 'n soel Sondag met son bestreel Die nou-en-dan se briesie is nog winters Die belofte van lente is daar... En ek? - sit op my roesrooi opvoustoel en weerkaats die oranje van die Mangovlug wat bokant my opstyg. Doelbewus is ek hier - eenkant in die natuur wat troos, vernuwe en inspireer dalk op soek na antwoorde - Sy stem hoor? Na hartelus verlang -as jy wil Niemand word belas... Mymer net of dalk murmereer... Vrede is hier in die natuur een eend jaag 'n ander, tarentale pik-pik en mens word bewus van geveerde vriende ...