Sjoe ek leer nog hoe om die blog te doen.... so hier is nog vakansie dinge van die Overberg!
Na Struisbaai en die ligtoring by Agulhas is ons via Gansbaai na Hermanus- en daar herontdek toe die vakansie dorp met sy "boardwalk " al langs die see, die nuwe mall, die talle nuwe wonderlike winkeltjies en koffieplekke en Romantiques- daardie mekka van vintage en memorabilia. Natuurlik ook die gewone draai gemaak by Hemimgways, die wonderlike outydse boekwinkel- nou heelwat duurder as wat ek dit onthou... en raai wat - daar is toe nog 'n hele paar tweedehandse boekwinkels.
Een oggend het ek alleen deur die dorp geluier en kuier - eers die Burger gaan lees oor 'n koppie koffie en 'n muffin, met 'n uitsig oor Walkerbaai natuurlik! Deur boekwinkels en antieke winkels en die mark bokant die Ou Hawe gedrentel en toe ontdek ek Oscars- die oulikste deli/koffiewinkel. Hier sien jy 'n muurlange boekrak op ooghoogte , almal met skarings van rooi omslae- val heel goed op die oog... en jy mag browse en blaai. En jy sit teen mooi groot sagte kussimgs - sommige so in Franse toile en ander sommer lekker bont... en die tydskrifte is stylvol en interessant. Weer koffie en iets te peusel maar mens kry ook deli-kos- warm etes wat jy weeg soos by Woollies!! Hier is fotos: o ja en tapisseries aan die mure- ongewoon en mooi dink ek.

Comments
Post a Comment