Skip to main content
Moet ook vertel van Eastbury Cottage waar ons tuisgegaan het... ons was bo- op met sulke wit houttrappe en die vertrekke - sitkamer met kombuisie aan, en twee slaapkamers en so dakstoepie is alles so see-en-strand "gedecorate"  Beddegoed is wit en kamer is in wit-en blou en die sitkamer het so sagte bank en tww rottangstoele met kussings en daar is mandjies vol tydskrigfte en mens kan by die Dvd - bib onder lekker flieks leen vir die aande..... bedags het ons rondgery- Fernkloof toe, Gansbaai na die perlemoenplaas toe waar Gill se seun vir ons vars vis uit die see gebraai het, na Stanford toe , waar ons met die River Rat boot met die Kleinrivier op gevaar het en waar ons twee visarende gesien en gehoor het!! Al jammerte was dat ek nie weer kon swem nie! Nog fotos: Die boonste twee is van ons blyplek , en dan nostalgiese outydse rokke by Romantiques in Hermanus en dan ons op die boot in Stanford



Comments

Popular posts from this blog

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

My Seven-day birthday celebration !!

In an effort to accept and make sense of this ageing matter , I had this sudden inspiration to embrace the fact the fact that I am turning 70 in this month of May...rather than to fear it or make it go away...and this after several years of not easily admitting to my 60-plus status! The fact is that I feel so much younger.... healthy and with more energy and exuberance than a lot of younger people. I realised that there is no getting away from the years... thus why not go big... hence the week-long festivities. I set about it by creating a Powerpoint invitation of several slides in which I set out the plans I had for doing pleasurable acitivities every day for a week...with which ever friends cared to join in. This was , more or less what my first page contained: I took great pleasure in designing this page and writing the rhyme/verse playing with the words starting with S as in the heading  SASSY SENSUOUS AND A SHARP SEVENTY which is how I see myself... not for me the g...