Moet ook vertel van Eastbury Cottage waar ons tuisgegaan het... ons was bo- op met sulke wit houttrappe en die vertrekke - sitkamer met kombuisie aan, en twee slaapkamers en so dakstoepie is alles so see-en-strand "gedecorate" Beddegoed is wit en kamer is in wit-en blou en die sitkamer het so sagte bank en tww rottangstoele met kussings en daar is mandjies vol tydskrigfte en mens kan by die Dvd - bib onder lekker flieks leen vir die aande..... bedags het ons rondgery- Fernkloof toe, Gansbaai na die perlemoenplaas toe waar Gill se seun vir ons vars vis uit die see gebraai het, na Stanford toe , waar ons met die River Rat boot met die Kleinrivier op gevaar het en waar ons twee visarende gesien en gehoor het!! Al jammerte was dat ek nie weer kon swem nie! Nog fotos: Die boonste twee is van ons blyplek , en dan nostalgiese outydse rokke by Romantiques in Hermanus en dan ons op die boot in Stanford
My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer ! Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die hoofslaapkamer ...en dan - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve...
Comments
Post a Comment