DIE LEWE IS ‘N FEES!! En nie net wanneer jy 'n glas goeie rooi wyn in die hand het nie! Of as jy blomme in jou huis het nie - hierdie was sommer takkies en bessies uit die tuin. Dit is die klein dingetjies. . . soos die Franse sê " Le Petit Bonheur" wat die lewe lekker en feestelik maak!

Het baie om te deel
maar wonder waar om te begin?
Ek weet fotos gaan 'n integrale deel van my blog wees... van mooi plekke en bestemmings. Die natuur. Mense en dan die oorsprong van my feestelike lewe- Jesus , my Vriend en Here.
Wel om my reis bietjie te kan verstaan moet ek by van my "gedigte" uitkom. Hierdie een het ek tydens die onlangse Desember geskryf terwyl ek 'n mooi huis en tuin ( die dinge wat ek telkens weer so geniet) opgepas het.
Kaal
in Doordekraal
Die sprinkelbesproeiers tik-tik saggies en
Massas groen bos-en- boom is beskutting
Van stadslawaai
Die reghoek van water- turkoois en koel, laat
my kraai
Ja- van lekker en natwees en windverwaai !
Ek is kaal….. gestroop van roetine, rusies tuis
en rondrits
Ek staan gesuiwer, en alleen voor my Heer
Nie eers die Kersgety maak my meer seer
Want Sy genade
kom weer en weer. . .
Wel dit is my eerste bydrae aan my blog..... Watch this space! Dm
Soos ek hier sit op 'n lieflike sonskyn-Woensdagoggend is ek baie dankbaar..... ten spyte van nie eintlik geld hê nie, kan ek baie dinge noem wat die lewe nog 'n fees maak! Bv die feit dat ek en my dierbare vriende Cobie en Daniel in die waterfront gaan fliek- en dit na 'n sommer-in-die-kar piekniek langs die Groenpunt seewaters- en dat daar na die fliek 'n koel stappie in die seebries was en die verrassing van 'n pragtige groot verligte passasiersskip in die hawe, Die Albatros- 'n Duitse skip vir die ouer, ryker mense . Dit het my so romanties gestem in die ware sin van die woord - ne my teruggevat na my skeepsreis ns Europa op die Windsor Castle destyds. Hier is 'n foto van die Albatros!
Dan was daar die wonderlike vlugtige gebedsverhoring wat ek van die Here ervaar het gister:
Om die storie kort te maak. My kleinseun van 16 wat ek nie baie sien nie, laat weet vroegoggend dat hy van Vishoek( waar hy skoolgaan) na Bellville Velodrome toe kom vir 'n sportdag maar het sy kos en koeldrank by die huis vergeet . Kan ek help? Wetend dat ek al 9vm by die kerk moet gaan werk, spring ek vir my klere en Pick & Pay se deli. Twee hoender mayo toebroodjies, pakkie koekies , groot blok sjokolade plus Energade en nog koeldrank later, jaag ek na die sportstadion. Baie busse , dosyne kinders en die kind se foon is af! Ek staan sommer vinnig tussen die busse , los alles en hardloop met die pakkie na die 'hoofman oor honderd" wat die septer swaai by die hekke... vertel gou ek is 'n ouma en die kleinkind gaan honger word... hy sê "hardloop Mev" . Ondertussen het ek so in die ry gebid en die Vader mooi gevra dat ek tog vir die kind sal kry , want Hy weet hoe min ek hom sien en hoe lief ek hom het..... en ja werklik toe ek so voor die renbaan kom, kom daar Vishoek seuns in hulle swart Pt drag aangehardloop en uit die groep hol Tyler reguit na my... Met 'n groot "hug' kon ek die eetgoed afgee en omdraai met trane van vreugde en dankbaarheid oor die Here se vinnige respons- ja - dis dalk nie iets groot nie, maar Hy het geweet hoe belangrik dit vir ons was! Op pad terug skreeu die groot man"... ja... wat sal ons doen sonder oumas!?"
Nou toe ek sommer die lewe is 'n fees!! Tot later....

Comments
Post a Comment