Ek en vriendin moes opvlieg na Johannesburg vir ons matriek reunie en hierdie is die storie van ons 12 ure op die lughawe... Ons arriveeer niks vermoedend en vars met baie tyd om ons bagasie in te teken en vir ontbyt voor ons 9.30vm vlug op FlySafair . Na ons Wimpy ontbyt is ons nog ewe "bright-eyed and bushytailed" en stap die lang ent na die wag-area by Hek 12A. Ons kyk eers na duur winkeltjies en kry ons sit met boek, tydskrifte en koerant... en toe sien ons 'n samedromming van mense by Hek 12 A en by nadere ondersoek vind ons uit dat ons vliegtuig a.g.v tegniese probleme tot 6nm vertraag is...hulle se ons kan ons bagasie gaan haal( as ons wil) en ons kan 'n gratis ete-koepon kry van R70 , vir middagete. O ja en die wat liefs 'n ander vlug wil probeer kry, kan vorms gaan invul vir 'n "refund". Ons beweeg sak en pak soos 'n klomp verslae skape na 'n ander vlak waar ons nou die verskillende opsies kan uitvoer! Almal is op hul selfone...
Stories and photos of how to celebrate life no matter what comes!