Skip to main content

Uitkamp op Kaapstad Lughawe

Ek en vriendin moes opvlieg na Johannesburg vir ons matriek reunie en hierdie is die storie van ons 12 ure op die lughawe...

Ons arriveeer  niks vermoedend en vars met baie tyd om ons bagasie in te teken en vir ontbyt voor ons 9.30vm vlug op FlySafair .
 Na ons Wimpy ontbyt is ons nog ewe "bright-eyed and bushytailed" en stap die lang ent na die wag-area by Hek 12A. Ons kyk eers na duur winkeltjies en kry ons sit met boek, tydskrifte en koerant... en toe sien ons  'n samedromming van mense  by Hek 12 A en by nadere ondersoek vind ons uit dat ons vliegtuig a.g.v tegniese probleme tot 6nm  vertraag is...hulle se ons kan ons bagasie gaan haal( as ons wil) en ons kan 'n gratis ete-koepon kry van R70 , vir middagete. O ja en die wat liefs 'n ander vlug wil probeer kry, kan vorms gaan invul vir 'n "refund". Ons beweeg sak en pak soos 'n klomp verslae skape na 'n ander vlak waar ons nou die verskillende opsies kan uitvoer! Almal is op hul selfone en begin ook sommer teenoor mekaar kla of verduidelik hoekom hulle nie so lank kan wag nie!! Part haas hulle na ander lugrederye om net maar weer in die tou te kom val omdat die vlugte of vol is of onbetaalbaar duur is.
Ons twee besluit om die dag net daar deur te bring en so val ons   - en nog van ons vlug se mense -in by Mugg en Bean. Daar word oor en weer opmerkings gemaak en koffie bestel. Sommige mis aansluitings vir ander vlugte en dis maar 'n verknorsing. My vriendin wat nou haar aansluiting na Hoedspruit gaan mis , koop 'n ander kaartjie vir die volgende dag...en dit is oor die R2000.

Na die koffie trek ons weer na die wagarea - op die ander vlak, ek al flou gedra aan my swaar handbagasie( hoekom vat ek altyd so baie saam?). Ons ontdek die Alba Easy Lounge waar dit regtig easy is  om te ontspan - jy kan in diep rusbanke wegsak, jou selfoon laai, wi-fi gebruik en die tydskrifte is glans en globaal met name soos Global World waarin mens goeie artikels oor politiek persoonlikhede en tendense kan geniet , terwyl jy teug aan jou cappuchino wat kom met 'n biscotti en 'n klein glasie koue water op 'n spesiale langwerpige bordjie !Ons mede-wagtende passasiers sit ook rond en lees en ons is noual op glimlag-terme.
Hier teen 4.30nm merk ons op dat ons vlug op die bordjie se   Delayed maar met 'n later tyd  van 7nm is!! ( wat het van 6nm geword??)
Ek is dadelik op my perdjie , of moet ek se my selfoontjie en bel die nommer wat Google verskaf, Natuurlik 'n "call centre - in Johannesburg) Nee hulle weet net van tegniese problem maar ek dring aan op n naam van 'n bestuurder by ons lughawe..... met die naam is ek weer die trappe op na hulle kantoor,,,waar ek die dame kry en aangesien sy baie jammer is maar glad nie seker is presies hoe laat ons sal vlieg nie, vra ek vir nog 'n ete- koepon, wnat kyk ons is al amper 9 ure daar en  dit is mos nou al amper aandete se tyd! Gewapen hiermee sit ons af weer na Mugg en Bean toe.
Daarna sleep onsself af na die nuwe vertrek punt nl Hek C7... hier kruip die ander passasiers van oral af uit  - sommige is weer huis toe - of familie toe , maar baie sit ook soos ons maar net op die lughawe,
Teen die tyd loop die grappies al dik- want nie lank nie- toe is ons nuwe tyd 7.30! En nog so rukkie toe is dit 8nm. Ons lag maar 'n vroutjie met 'n driemaand -oue baba is na aan trane. Ons hoor dat ons wag vir 'n vliegtuig om vanaf P E te land en die was ook vertraag!Daar word gespot oor moee vlieeniers en dies mees.
Toe ons nou vertel van die tweede ete-koepon van R70 wat ons gaan vra het , begin een na die ander ook koepons vra want hier agter ons is 'n kleiner Mugg en Bean en koffie en 'n muffin sal mos help!

Een klein seuntjie van Wellington wat al baie lank uitsien na die kuier by sy oupa in Pretoria se naderhand van moegheid ..hy dink nie hy wil meer gaan nie!
Een ouerige man së na sy ondervinding met treine en nou met die 12 ure wag op 'n vliegtuig, koop hy liewer vir hom 'n splinternuwe Mercedes Benz en ry self !
 Almal is nou op vir lees  en wag - selfone is heelparty al pap en nog wag ons.... so 8.15nm is daar eindelik 'n beroering en  ons klim op 'n bus - almal weet nou iets van iemand en ons wonder waar die "honeymoon couple"na verdwyn het?/ Mense kry die jong moeder so jammer.. hulle wil sommer vir haar baklei..... want die bus hou langs die vliegtuig stil - ons sien dis nou ene Global Charters- dus nie ons lugredeey nie ( miskien net so wel), maar nou keer die "ground crew "ons weer voor en daar staan ons weereens soos 'n klomp windverwaaide skape op die teer! Toe hulle nie wil toelaat die moeder en baba solank opklim of tenminste op die trappe met die dakkie moet skuil nie, toe wil een man sommer handgemeen raak met die outjie wat haar keer....sy in trane! Daar word nou gedreig met koerante toe gaan - briewe skryf en op sosiale media hiervan praat!!
Met die dat ons ten einde laas sit en vasgordel, stel ek so ewe vir die lugwaardin voor dat  "coffee on the house"darem  nou lekker sal smaak!!/Omdat ons twee gevra het, kry ons dit toe , maar nie die res van die vaal passasiers nie!
Nouja ons wou mos goedkoper vlieg ! Ons land op Oliver Tambo om 10.30nm - 'n baie lang dag !!

Comments

Popular posts from this blog

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan

Sports met 'n glaskas ryding...

My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !  Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die  hoofslaapkamer ...en dan  - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die  glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!