Ek lees in gister se By , my gunsteling bylaag van die Burger koerant oor Johan Degenaar, wat die Sokrates van Stellenbosch genoem word; Hy was van 1949 tot 1991dosent en hoogleraar in die filosofie aan Stellenbosch universiteit,en dan dra hy ook nog die wyshedi van die grysheid want hy is vanjaar 87!! Hy sê: " Elke dag is 'n speurtog en 'n wonderwerk... om hier te mag wakker word en hier is ek op hierdie bepaalde plek! " Verder sê hy, alhoewel sy liggaam begin ingee het, " Maar dit is juis die begin van die lewe!" En ek stem saam- die Lewe is mos 'n fees en mens moet elke oomblik waardeer en geniet!Johan Degenaar is ook 'n man van boeke en woorde en hy "ontgin graag die betekenis van woorde" Hy " vind die lewe 'n boeiende ding' Nou wonder ek hoekom so baie ouer mense so kla en so misrabel en sober en 'serious " is?? En die man het ook pyn- hy is reeds in die afdeling vir verswakte bejaardes. Hy kan nie meer so...
Stories and photos of how to celebrate life no matter what comes!