Ek her vir die eerste keer in 'n lang tyd weer die Sondagmiddag teneergedruktheid.... en vir geen rede nie! Ek verlang na mense wat ek nie eers ken nie! En na my familie en veral na my kinders. . . But no matter- ek gaan sommer vanaand kerk toe en ek weet die Here lig my altyd weer op. Ek sien die eerste deel van my pensketse van my treinreis het verdwyn- so ek sit dit weer op - leer ook maar En net een foto vandag! Pensketse van ‘n treinrit, Kaapstad – Johannesburg Retoer ‘n Oorslaaptrein en stasies met name soos Nelspoort, Merriman, Hutchinson en Oranjerivier klink vir my tog te interessant en ou-w êrelds! Dus vertrek ek na Johannesburg en Pretoria , vir ‘n weeklange kuier . Gestewel en gespoor teen die koue Noorde, klim ek ,my groot vet blou tas, ‘n swart toksak vol boeke , nog ‘n drasak met dit en dat en my styfgeknypte handsak op Bellville stasie op die trein met die rugbyliedjie-naam! Vir my voel hierdie romantiese manier van reis so re...
Stories and photos of how to celebrate life no matter what comes!