Ek weet daar word gesê dat die weke vlieg en mens moenie jou tyd omwens nie, en dat jou werk ‘n belangrike deel van jou lewe is… maar ek is tóg ‘n voorstander van heerlike bevredigende vrye tyd in mens se lewe! Daardie effense tinteling van weet daar lê drie aande en twee volle dae voor jou waar jy seker kan werk inhaal, of huis skoonmaak en dergelike sleurtake of dalk moet jy werk toe gaan… of jy kan enige of allerhande dinge doen om die lewe lekker or gemakliker te maak, om die gejaagdheid en die druk te ontsnap. Jy kan laat slaap of , soos ek, in die bed lê met ‘n warm koppie tee en die koerant wat al die week se nuus gee, of jy kan vroeg gaan gym en dan het jy meer energie vir die dag. Jy kan besluit om ontbyt op die stoep te eet en dan dalk in jou tuin te werk. Jy kan ‘n vriendin nooi om saam te gaan koffie drink by ‘n mooi koffiewinkel of jy kan ,soos ek ,interessante dvds by die biblioteek gaan haal om oor die naweek te kyk Dan is daar die naweek-weg...
Stories and photos of how to celebrate life no matter what comes!