My motto! Solo Avontuur in Kaapstad. .. Kanaal bootrit vanaf Waterfront - Brownies en Downies Cafe -Kaapse argitektuur en Langstraat Retro....wat het dit met mekaar te doen? Wel dit is wat ek alles vandag ervaar het ! Ek voel 'n besondere vryheid om sterk,onafhanklik en alleen die stad aan te durf . Die rooi ferryboot is toegerus met oorfone( wat jy maar kan saamvat om dalk in jou selfoon te gebruik )en daar word in 'n paar tale vir jou al die interessanthede van die kanaalroete vertel - soos dat Oprah 'n multi-miljoen -rand penthouse hier het- en nog ber oemdes soos Elton John ook hier woonplek besit. By die KIKS konvensiesentrum klim ek af en bevind myself aan die onderpunt van die bekende en boheemse Langstraat. Net vir die wis of die onwis vat ek my handsak se band dwarsoor my lyf vas en hou my selfoon/kamera in my baadjiesak . Van pure lekker soek ek nou sommer 'n koffiewinkel en ...
Stories and photos of how to celebrate life no matter what comes!