My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak)
Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer !
Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die hoofslaapkamer ...en dan - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G .
Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die glaskas ry!!
Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonvertrekke vloer en skielik is daar nie meer glaspanele met 'n uitsig nie, maar wel donker mure wat my laat dink aan 'n donker gat; ek sak nou in na waar ek niks kan sien of niks verloor het nie! Maar toe daai swaai-deur met sy kenmerkende harde klik oopgaan , toe gaan die ligte aan en ek is letterlik en figuurlik verlig - dit is toe die motorhuis/wassery vloer
Nou ander vreemde ding van die deur wat groot swaar en glas is , hy het sy eie nuk en jy mag nie aan hom vat nie..dan condêm jy glo die hele meganisme...so jy gaan in, jy druk die knoppie - jy staanweg van die kante af en wag vir die deur om self toe te gaan...Nou die twee klein hondjies, Pepsi die Yorkie en Maya die Maltesie het die manier om my te volg en ry lekker saam- natuurlik gewoond aan die ding... maar soms staan hulle en dink of hulle nou regtig wil saamgaan en besluit dan wanneer die deur begin toe gaan...my senuwees raak op! Sien al hoe word hulle vasgeknyp!
Ek staan hoeka een aand so en praat nadat ek die knoppie gedruk het , en daar kom daai deur en klap my van agteraf... so jy mors nie met die deur se tyd nie!!
Wat my ook pla, en dit het nou al twee keer gebeur - is dat die
glaskas - met sy groot glaspanele wat my so stuk vir stuk die berg wys - dat hy sommer stop tussen vloere- so halfmas...benoude oomblik daai....nou uitgevind wat om te doen ..en nee dis nie roep of bid nie - jy druk net weer 'n knoppie!( daar is darem ook 'n noodknoppie en 'n selfoonnommer van die vervaardiger)
![]() |
Halfmas- tussen vloere |
Praat van geluide - daar is iets- die kabels of wat ookal wat so tok-tok maak sover hy styg of daal...dog daar is fout - gaan ek dit maak? maar word verseker dis maar sy manier.
Die huishulp wil haar doodlag vir my grootoog-reaksie as die hysbak iets doen wat ek nie verwag het nie!
Mens raak egter mos alles gewoond en soms as ek wil afgaan na 'n ander vloer, dan hol ek en die hondjies die trappe af, met my wat altwee staalrelings so al -glyend vashou... ek sien kans vir af maar met die op hou ek maar asem op en hoop ek kom sonder voorval op die vierde vlak waar ek slaap.
![]() |
Die uitsig vanaf die hysbak. |
Baie oulik! Mooi uitsig van die berg op die op en af gedoente. Duidelik is ons maar arm mense en so arm dat die hoogste hysbak waarin ons kan ry in die Mall is dan ook net twee vlakke. Laat my dink jare terug in die Carlton Sentrum tot bo gery... 40 km/h... of so iets.
ReplyDeleteNou wonder ek my... daai tyd van beurtkrag... as die krag moet afgaan... Kan die ding darm so vanself afsak? Hmmm my vertroue in Eskom is dalk bietjie swak en sal maar liewer die trappe op my tyd klim.