Skip to main content

Posts

Food to add to the festivity of life......Beetroot- a discovery!

By 'n onlangse braai kom ek af op die heerlikste beet-blatjang wat ek summier besluit om dit te maak... en julle wat my ken, weet ek is nie 'n kok nie, maar die beet is rooi, en dis mooi en ek soek botteltjies ingemaakte beet-blatjang in my yskas! ! Not only is beetroot great for boosting  stamina  and making muscles work harder, it also contains  potassium, magnesium  and  iron  as well as vitamins A, B6 and C, and  Beets also contain  carbohydrates, protein, powerful antioxidants and soluble fibre.  What’s more, just three baby beetroot equal one of your recommended five portions of fruit and vegetables a day  acid. Toe maak ek dit! En dis LEKKER!! Hier is die RESEP Bestanddele 3 koppies suiker ( sommer bruin suiker) 2 koppies bruin asyn 4 koppies beet ( gekook en in blokkies gesny) 2 groot uie ( fyn gesny) 15ml kerriepoier 5ml sout 3-5 eetlepels maizena METODE Terwyl  beet kook, sit suiker en asyn in kastrol en en...

'n Nuwe jaar- 'n nuwe journey- nog steeds feestelik ?

Tradisioneel is die tyd van die jaar 'n tyd van introspeksie en terugkyk maar ook vorentoe kyk. Ek wil dit ietwat anders doen- dis vir my 'n reis na binne; 'n tyd vir stilword en selfondersoek. Om dit te doen moet mens eenkant toe beweeg- as't ware in "retreat" gaan- weg van die alledaagse haas, dinge doen, tussen mense wees .... nie altyd maklik nie , maar moontlik.   Henri Nouwen het geskryf ' Silence, solitude and prayer are often the best ways to self-knowledge.Not because they offer solutions for the complexity of our lives, but because they bring us in touch with our sacred centre, where God dwells. It is the place of adoration, thanksgiving and praise" En dit is wat ek wil doen aan die einde van hierdie jaar- die Here loof en prys vir sy elke-dag-se-Genade. Ek wil stil wees en dink oor hoe Hy my gelei het in 2013 en wat ek geleer het uit my omstandighede. Ek weet reeds ek wil nie reaktief leef nie, maar liewer kreatief!  'n Ouli...

Indrukke van 'n week in Desember 2013

Dis 'n lieflike somersaand. Ek sit amper buite-d.w.s.reg langs die oop deure na my klein systoepie, en ek is opnuut bly oor my laptop,want nou kan ek enige plek skryf! Soos gewoonlik is ek alleen, maar hierdie Desember voel ek nie so erg alleen nie- ek geniet my huis- doen dekordingetjies wat my plesier gee; gaan haal weer vir my sommer sewe biblioteekboeke plus twee CD's- een nogal van Johnny Clegg, wat ek toe in lewende lywe gesien het by die Kaapse stadion toe hy ook kom optree het by Ä Life Celebrated" wat kaapstad aangebied het. . . en wat 'n wonderlike geleentheid was dit nie! Dit het mens trots laat voel om saam met Nelson Mandela 'n Suid-Afrikaner te kon wees! Maar daarvan het ek genoeg op Facebook vertel. Om terug te keer na die nou hier op die somersaand. Wat opkom in my gedagtes is dat ek baie rustiger is ten spyte van die gewone Kersdinge wat my altyd bietjie familieloos en alleen gestem het. Hierdie Des het ek myself gevind met 'n nuwe werk , in ...

Hartseer oor ons geliefde Madiba-6 Des 2013

In my voorportaal brand daar twee kerse by 'n poskaart-foto van Madiba . . . dit is my klein eerbetoon aan Nelson Mandela vir wie ek die grootste respek en liefde het. I have lit two candles next to a photo of Nelson Mandela to show my respect and love for this great man, that changed our world to be a better place. He has been on my mind all week since seeing the film "A long Walk to Freedom", to the extent that I proposed a toast   to him at our cell group braai on Wed evening,, where we, a mixed group of South Africans were having a traditional braai together. The thought came to mind that how different our lives could have  been if it wasn't for Madiba! En toe vanoggend hoor ons hy is weg. Na 'n hele dag voor die tv waar al die huldeblyke van oral ingestroom het,besef mens weereens hoe geliefd en gerespekteer hy was. Ek bid dat sy familie sal troos vind, dat alles geod sal afloop met die begrafnis en dat hy in vrede sal rus. May the memory of this peace-l...

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging d...

Laat op ‘n Somers –Sondag. . .

Met volkome vrede en vergenoegdheid sit ek in die sagte lig wat met die son se sak oor die Goddelike groen weligheid van hierdie Kaapse tuin neerdaal- en dis kwart voor sewe – dus kan ons nou aanvaar die word uiteindelik Somer ! Met ‘n duif wat deur die groen fladder, twee katte wat uitgestrek op die warm gebakte bakstene die laaste bietjie hitte geniet, en twee wit hondjies- die een gladhaar, die ander wollerig - wat die katte dophou en met hulle bruin ogies my beloer, voel ek op ‘n tere innerlike manier feestelik-bly, maar ook verteder. Die lewe is goed!! En  dit het te doen daarmee dat ek het die afgelope veertien dae  interessante geleenthede aangegryp het… en ook bietjie gereis het, al was dit nou nie baie ver nie! So wat het dit behels? ·        ‘n Naweek van ‘n 82-jarige Duitse tannie met ‘n gebreekte arme en ‘n gekraakte heup oppas. Daar was baie tyd om haar hele merkwaardige lewensverhaal aan te hoor, so tussen die versorging d...

A Vintage experience plus comment / 'n Vintage Ervaring plus kommentaar!!

After attending a delightful Vintage Tea at a nearby school , I feel inspired and creative and renewed! The tables were decorated with vintage pieces, flowers and delicacies. The ladies were most divinely dressed in vintage style, of course...... die dame wat opgetree het as spreker was ene Amanda Swanepoel wat die betekenis van VINTAGE vir ons uitgelê het en dit pragtig deurgetrek het na die kwaliteit van ons lewens, asook na ons geestelike bestaan. So the definition of Vintage :something of high quality from the pas;, maturity; classic... and it  refers to the quality of  past  fashions , decor, books, cars,  homes or wine.  Dit gaan oor die kosbaarheid van dinge- ook in jou geestelike lewe Dus ons hoef nie net OUD te word nie, maar liewer vintage te word-  ( en dit stem ooreen met my slagspreuk van feestelik reis deur die lewe!!) 'n Vintage geleentheid, soos hierdie oggend kan heerlike herinneringe oproep en spesiale items kan nostalgie bring ....