Skip to main content

Posts

Nog 'n fees van 'n dag vir ons gegun!

Op hierdie koue,nat grys dag in die Kaapse winter, is ek dankbaar vir nog 'n dag in my lewe! Eintlik is dit heerlik warm hier in my hart.... en dis die Here se blessings'en genade wat onderliggend is aan alles wat my vandag gelukkig maak!       Ek is gesond, spekvet en rond, daar's nuwe lewe in die oggendstond!! Ek so pas die wonderlike boekie van my kerk VOLG JESUS vertaal in Engels en dit voel goe om dit te kon doen!! Dankie Ma dat jy my Engels altyd so "gepush" het..... vandag pluk ek die vrugte. Nou eers 'n gedig om die dag op te vrolik: ( en dit gaan oor ek nie meer so alleen voel deesdae nie... hierdie is een Vrydag geskryf: Vrywees op Vrydag   Hier sit ek en mor Ek is ‘n enkeling tor. Wens ons was twee Om vriendskap te smee. Nou sat om verleë te wees en te wag, ek gaan begin lag en sommer nie sag het nou nuwe krag ek gaan doen,en miskien soen dit gaan my nie meer keer na die waters- rivier of see en dis nie me...
Moet ook vertel van Eastbury Cottage waar ons tuisgegaan het... ons was bo- op met sulke wit houttrappe en die vertrekke - sitkamer met kombuisie aan, en twee slaapkamers en so dakstoepie is alles so see-en-strand "gedecorate"  Beddegoed is wit en kamer is in wit-en blou en die sitkamer het so sagte bank en tww rottangstoele met kussings en daar is mandjies vol tydskrigfte en mens kan by die Dvd - bib onder lekker flieks leen vir die aande..... bedags het ons rondgery- Fernkloof toe, Gansbaai na die perlemoenplaas toe waar Gill se seun vir ons vars vis uit die see gebraai het, na Stanford toe , waar ons met die River Rat boot met die Kleinrivier o p gevaar het en waar ons twee visarende gesien en gehoor het!! Al jammerte was dat ek nie weer kon swem nie! Nog fotos: Die boonste twee is van ons blyplek , en dan nostalgiese outydse rokke by Romantiques in Hermanus en dan ons op die boot in Stanford
Sjoe ek leer nog hoe om die blog te doen.... so hier is nog vakansie dinge van die Overberg! Na Struisbaai en die ligtoring by Agulhas is ons via Gansbaai na Hermanus- en daar herontdek toe die vakansie dorp met sy "boardwalk " al langs die see, die nuwe mall, die talle nuwe wonderlike winkeltjies en koffieplekke en Romantiques- daardie mekka van vintage en memorabilia. Natuurlik ook die gewone draai gemaak by Hemimgways, die wonderlike outydse boekwinkel- nou heelwat duurder as wat ek dit onthou... en raai wat - daar is toe nog 'n hele paar tweedehandse  boekwinkels.  Een oggend het ek alleen deur die dorp geluier en kuier - eers die Burger gaan lees oor 'n koppie koffie en 'n muffin, met 'n uitsig oor Walkerbaai natuurlik! Deur boekwinkels en antieke winkels en die mark bokant die Ou Hawe gedrentel en toe ontdek ek Oscars- die oulikste deli/koffiewinkel. Hier sien jy 'n muurlange boekrak op ooghoogte , almal met skarings van rooi omslae- val heel g...
Well just recently had a most rewarding holiday with my two friends in the Overberg. We went to Langezandt Fisherman's Cottages- my timeshare for 4 nights. Just look at the pretty cottages: En het ons nie die ongerepte strand en die oop blou lug met wolkies en die voëls geniet nie! We drove to Arniston where I had a swim Great! en toe vat ons die nare sinkpad na De Mond waar ek in die Heuningvlei rivier geswem het ons ons ons piekniek gehad het. 'n Heerlike dag.
DIE LEWE IS ‘N FEES!! En  nie net wanneer jy 'n glas goeie rooi wyn in die hand het nie! Of as jy blomme in jou huis het nie - hierdie was sommer takkies en bessies uit die tuin. Dit is die klein dingetjies. . . soos die Franse sê " Le Petit Bonheur" wat die lewe lekker en feestelik maak! Het baie om te deel maar wonder waar om te begin? Ek weet fotos gaan 'n integrale deel van my blog wees... van mooi plekke en bestemmings. Die natuur. Mense en dan die oorsprong van my feestelike lewe- Jesus , my Vriend en Here. Wel om my reis bietjie te kan verstaan moet ek by van my "gedigte" uitkom. Hierdie een het ek tydens die onlangse Desember geskryf terwyl ek 'n mooi huis en tuin ( die dinge wat ek telkens weer so geniet) opgepas het. Kaal in Doordekraal Die sprinkelbesproeiers tik-tik saggies en Massas groen bos-en- boom is beskutting Van stadslawaai Die reghoek van water- turkoois en koel, laat my kraai Ja- van lekker en n...