My oppe en affe met die glaskas ( lees hysbak) Hier waar ek 'n viervlakkige huis met twee hondjies en die inwonende huishulp bly , is daar nou daagliks 'n ding in my lewe wat my amuseer ...en frustreer ! Sien, die leefarea -kombuis en tv-kamer is op vlak 2 en my slaapkamer met balkon is op vlak 4...en dan is daar ook vlak 3 waar jy kan kom tot by die hoofslaapkamer ...en dan - o genade is daar 'n diep donker gat waar die garage en laundry is op vlak G . Kyk mens kla nie oor vier vlakke as jy nie hoef gladde swart kliptrappe te klim nie, en dan ook nog 'n uitsig op Tafelberg en die stad het terwyl jy in die glaskas ry!! Nou, as leek in so 'n huis, het dit my nogal 'n ruk gevat om al die hysbak se nukke en grille uit te pluis...die eerste dag na ek óp na vlak 4 is om my goedjies te gaan neersit, toe wil ek weer afgaan na waar ek was, en druk so ewe G vir grondvlak.. maar wat toe gebeur is dit ...ek ry verby die woonve
My motto! Solo Avontuur in Kaapstad. .. Kanaal bootrit vanaf Waterfront - Brownies en Downies Cafe -Kaapse argitektuur en Langstraat Retro....wat het dit met mekaar te doen? Wel dit is wat ek alles vandag ervaar het ! Ek voel 'n besondere vryheid om sterk,onafhanklik en alleen die stad aan te durf . Die rooi ferryboot is toegerus met oorfone( wat jy maar kan saamvat om dalk in jou selfoon te gebruik )en daar word in 'n paar tale vir jou al die interessanthede van die kanaalroete vertel - soos dat Oprah 'n multi-miljoen -rand penthouse hier het- en nog ber oemdes soos Elton John ook hier woonplek besit. By die KIKS konvensiesentrum klim ek af en bevind myself aan die onderpunt van die bekende en boheemse Langstraat. Net vir die wis of die onwis vat ek my handsak se band dwarsoor my lyf vas en hou my selfoon/kamera in my baadjiesak . Van pure lekker soek ek nou sommer 'n koffiewinkel en word deur vri