Skip to main content

Posts

Sondagmiddagstorie

Ek her vir die eerste keer in 'n lang tyd weer die Sondagmiddag teneergedruktheid.... en vir geen rede nie! Ek verlang na mense wat ek nie eers ken nie! En na my familie en veral na my kinders. . . But no matter- ek gaan sommer vanaand kerk toe en ek weet die Here lig my altyd weer op.  Ek sien die eerste deel van my pensketse van my treinreis het verdwyn- so ek sit dit weer op - leer ook maar  En net een foto vandag! Pensketse van ‘n treinrit,  Kaapstad – Johannesburg  Retoer ‘n Oorslaaptrein en stasies met name soos Nelspoort, Merriman, Hutchinson en Oranjerivier klink vir my tog te interessant  en ou-w êrelds! Dus vertrek ek na Johannesburg en Pretoria ,  vir  ‘n weeklange kuier . Gestewel en gespoor teen die koue Noorde, klim ek ,my groot vet blou tas, ‘n swart toksak vol boeke , nog ‘n drasak met dit en dat en my styfgeknypte handsak op Bellville stasie op die trein met die rugbyliedjie-naam! Vir my voel hierdie romantiese manier van reis so re...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!

Tyd om op hierdie Sondag bietjie filosofies te raak. . .

Ek lees in gister se By , my gunsteling bylaag van die Burger koerant oor Johan Degenaar, wat die Sokrates van Stellenbosch genoem word; Hy was van 1949 tot 1991dosent en hoogleraar in die filosofie aan Stellenbosch universiteit,en dan dra hy ook nog die wyshedi van die grysheid want hy is vanjaar 87!! Hy sê: " Elke dag is 'n speurtog en 'n wonderwerk... om hier te mag wakker word en hier is ek op hierdie bepaalde plek! " Verder sê hy, alhoewel sy liggaam begin ingee het, " Maar dit is juis die begin van die lewe!" En ek stem  saam- die Lewe is mos 'n fees en mens moet elke oomblik waardeer en geniet!Johan Degenaar is ook 'n man van boeke en woorde en hy "ontgin graag die betekenis van woorde" Hy " vind die lewe 'n  boeiende ding' Nou wonder ek hoekom so baie ouer mense so kla en so misrabel en sober en 'serious " is??  En die man het ook pyn- hy is reeds in die afdeling vir verswakte bejaardes. Hy kan nie meer so...

9 Junie Sondagmiddag nuanses

Op hierdie  ysige Sondagmiddag is dit ek, my rekenaar ,die kol lig van my lampie( want dis maar grys buite) en die plantjie wat weer fyn nuwe pienk blommetjies uitstoot! Is maar stil maar ek dink terug aan gister se verjaarsdagfees om saam met Cobie te vier. Ek het nogal iets interessant vir haar gegee . Dit was een van daardie gestresde wit rame met een van haar Franse fotos wat ek vergroot en in die raam gesit het. Dit was vir haar pure plesier! Dit het so geluk-

Nog 'n fees van 'n dag vir ons gegun!

Op hierdie koue,nat grys dag in die Kaapse winter, is ek dankbaar vir nog 'n dag in my lewe! Eintlik is dit heerlik warm hier in my hart.... en dis die Here se blessings'en genade wat onderliggend is aan alles wat my vandag gelukkig maak!       Ek is gesond, spekvet en rond, daar's nuwe lewe in die oggendstond!! Ek so pas die wonderlike boekie van my kerk VOLG JESUS vertaal in Engels en dit voel goe om dit te kon doen!! Dankie Ma dat jy my Engels altyd so "gepush" het..... vandag pluk ek die vrugte. Nou eers 'n gedig om die dag op te vrolik: ( en dit gaan oor ek nie meer so alleen voel deesdae nie... hierdie is een Vrydag geskryf: Vrywees op Vrydag   Hier sit ek en mor Ek is ‘n enkeling tor. Wens ons was twee Om vriendskap te smee. Nou sat om verleë te wees en te wag, ek gaan begin lag en sommer nie sag het nou nuwe krag ek gaan doen,en miskien soen dit gaan my nie meer keer na die waters- rivier of see en dis nie me...
Moet ook vertel van Eastbury Cottage waar ons tuisgegaan het... ons was bo- op met sulke wit houttrappe en die vertrekke - sitkamer met kombuisie aan, en twee slaapkamers en so dakstoepie is alles so see-en-strand "gedecorate"  Beddegoed is wit en kamer is in wit-en blou en die sitkamer het so sagte bank en tww rottangstoele met kussings en daar is mandjies vol tydskrigfte en mens kan by die Dvd - bib onder lekker flieks leen vir die aande..... bedags het ons rondgery- Fernkloof toe, Gansbaai na die perlemoenplaas toe waar Gill se seun vir ons vars vis uit die see gebraai het, na Stanford toe , waar ons met die River Rat boot met die Kleinrivier o p gevaar het en waar ons twee visarende gesien en gehoor het!! Al jammerte was dat ek nie weer kon swem nie! Nog fotos: Die boonste twee is van ons blyplek , en dan nostalgiese outydse rokke by Romantiques in Hermanus en dan ons op die boot in Stanford