Skip to main content

Posts

"n Tyd vir Orde.  Vanoggend se stukkie lewesnwysheid oftewel hoe om Feestelik te lewe gaan oor orde in mens se lewe- 'n area waarmee ek sukkel maar strewe!  Ek lees in Gordon McDonald se boekie " 'n Tyd vir Orde"  'n hoofstuk oor    Die Herwinning van my tyd   as volg; " As my persoonlike lewe in orde is, sal dit wees omdat ek begin het om my "tydlekkasies" te verseë en my produktieewe ure met onagneminmg van my vermoëns, beperkings en prioriteite te gebruik. En hoeveel "tydlekkasies" is daar nie die alledaagse lewe nie? Te wat jy jou bekommer oor die toekoms, wat jy dalk doelloos voor die televisie rondsit; daar is 'n legio dinge wat ons doen so deur die dag wat waardevolle tyd laat verlore gaan.  Verder sê die boekie- Onbeheerste tyd vloei na my swakhede! ( Iets om oor te dink!) Mens spandeer te vell tyd aan dinge wat jy nie voor aangelê is nie, terwyl die take wat jy  besonder effektief kan deurvoer, en waarin jy uitblin...

Wellewend in Welgemoed- Sondag 4 Aug

Ek pas 'n huis, 5 katte en twee wit hondjies op vir 'n week en geniet elke oomblik hier, ek sit op die stoep en in dankbaarheid erkentlikheid teenoor my Vader skryf ek weereens uit my hart uit! 'n Ruig groen oase van die natuur het die effek om my te stuur na 'n meer lieflike loflike ruimte waar ek uitkyk op weelderige plantegroei en blou water. Skielik lig my gemoed- ek moet hier wees- op hierdie stoep in die loom namiddagstilte met voëls wat singkoer en katte wat na my loer. Ja na waters waar rus is het Hy my gebring- dit alles voel so tydig en reg; die leesstof, die musiek van Mozart, die glasie chardonay - en die veraf vriendelike stem van RSG- en dan kom lê die laaste fyn strale van die son saggies op my! Ek besef net weereens dat die Here weet altyd wat ons nodig het.... op 'n moeilike tyd by my Boston huis, het ek skielik die huis hier en die diere gekry om te kom oppas.... presies toe ek net kon baat by 'n ander , mooier en rustige atmosf...

Mymeringe op die vooraand van Augustus!

So... ja... die afgelope sewe dae was dalk ietwat minder feestelik. maar kan 'n mens dan heeltyd op 'n hoogtepunt van gelukkig voel en in 'n vakansie stemming wees? Nee, " Life Happens" en so het eers my motor "die gees gegee" en toe het my kind se dinge my erg gestres! Vanaand neem ek egter bestek op. Miskien het die dinge met 'n doel gebeur, en ja miskien het die Here van my lewe dit otegelaat om later te onthul waarom dit moes gebeur? Wie weet,dalk werk dit "alles ten goede" Dus begin ek dit aanvaar en gaan die beste maak hiervan, al voel ek maar taamlik in my dop gekruip oor die dinge. Het maar weereens besef - "eenling is die mens gebore"- jy moet maar opstaan en aangaan, al voel jy ongemaklik-alleen en soms vereensaam. Geheim is dan om tog maar na ander uit te reik- hoe moet hulle dan ook weet hoe alleen jy voel? Dus raap en skraap ek nou al die bietjies ligpunte, die stukkies van my diverse belangstellings en liefhebb...

Sondagmiddagstorie

Ek her vir die eerste keer in 'n lang tyd weer die Sondagmiddag teneergedruktheid.... en vir geen rede nie! Ek verlang na mense wat ek nie eers ken nie! En na my familie en veral na my kinders. . . But no matter- ek gaan sommer vanaand kerk toe en ek weet die Here lig my altyd weer op.  Ek sien die eerste deel van my pensketse van my treinreis het verdwyn- so ek sit dit weer op - leer ook maar  En net een foto vandag! Pensketse van ‘n treinrit,  Kaapstad – Johannesburg  Retoer ‘n Oorslaaptrein en stasies met name soos Nelspoort, Merriman, Hutchinson en Oranjerivier klink vir my tog te interessant  en ou-w êrelds! Dus vertrek ek na Johannesburg en Pretoria ,  vir  ‘n weeklange kuier . Gestewel en gespoor teen die koue Noorde, klim ek ,my groot vet blou tas, ‘n swart toksak vol boeke , nog ‘n drasak met dit en dat en my styfgeknypte handsak op Bellville stasie op die trein met die rugbyliedjie-naam! Vir my voel hierdie romantiese manier van reis so re...

Hoe kry ek terugvoering oor wat ek skryf?

Dis 'n sopnat en koue dag in die Kaap- ek so pas terug van die pragtige Bishopsskool waar my kleinkind rugby gespeel het- ek in my dik rooi baadjie en rooi mus- hy kon my nie eintlik mis nie! Ja en nou is ek in my yskas van 'n huis, met 'n kombersie om my bene en 'n serp om my nek.... en ek wil so graag kommunikeer maar al die drade en konneksies is stil- te stil vir so 'n grys dag. Maar wag ,my lewe is mos 'n Fees en net ek kan dit so maak. So nou vir 'n lekker bekervol warm sjokolade, en weer my sëeninge tel!! Ek het heelwat gedoen in die week vandat ek terug is van my heerlike vakansie in Gauteng. Die liewe Gauteng met al my hartsmense... Ek het fotos afgelaai en op Facebook gesit,ek het dankie-eposse gestuur en van my nuwer gedigte getik- ek het gaan werk, ek het tww nuwe groepe van die U3A wat ek gaan fasiliteer nl Klassieke musiekwaardering, en 'n speletjies aand op een Vrydag in 'n maand . Dan doen ek ook 'n Kreatiewe Afrikaanse groep. Wan...

'n Huldeblyk aan die 100 jaar oue Kirstenbosch tuine!!

Wel aangesien Kirstenbosch vanjaar 100 jaar oud is, dink ek dit sal oulike wees om van my fotos van K hier op te sit! Ek weet nie hoekom die fotos dwars uitkom nie - en kan nie sien waar om dit reg te draai nie, Jammer.Die eerste fotos is van binne 'n hut geneem die tweede is by die Moya restaurant geneem, die derde een is een van die pragtige beelde in die tuin, en die laaste een is een van die poele water!! So mooi!

Tyd om op hierdie Sondag bietjie filosofies te raak. . .

Ek lees in gister se By , my gunsteling bylaag van die Burger koerant oor Johan Degenaar, wat die Sokrates van Stellenbosch genoem word; Hy was van 1949 tot 1991dosent en hoogleraar in die filosofie aan Stellenbosch universiteit,en dan dra hy ook nog die wyshedi van die grysheid want hy is vanjaar 87!! Hy sê: " Elke dag is 'n speurtog en 'n wonderwerk... om hier te mag wakker word en hier is ek op hierdie bepaalde plek! " Verder sê hy, alhoewel sy liggaam begin ingee het, " Maar dit is juis die begin van die lewe!" En ek stem  saam- die Lewe is mos 'n fees en mens moet elke oomblik waardeer en geniet!Johan Degenaar is ook 'n man van boeke en woorde en hy "ontgin graag die betekenis van woorde" Hy " vind die lewe 'n  boeiende ding' Nou wonder ek hoekom so baie ouer mense so kla en so misrabel en sober en 'serious " is??  En die man het ook pyn- hy is reeds in die afdeling vir verswakte bejaardes. Hy kan nie meer so...