Skip to main content

Posts

Jaunty ! Full of smiles - ready to face the world!

After a couple of months of not-such -good circumstances ,of rather less that my usual festive journey, I am back.... Toe ek vanoggend by die biblioteek uitklim en met my duur rooi handsakkie ( wat ek onlangs gewen het ) ,met 'n wip in my stap oor die pad loop,terwyl ek vir almal glimlag, toe weet ek -dis tyd om weer by my  feestelike pad op my blog uit te kom! Na die moeilike tyd ( wat ook nog nie heeltemal verby is nie), voel ek weer soos die ou Denise -  die een wat met optimisme, entoesiasme vir die lewe en blymoedigheid die lewe deur reis. Wat het my weer regop gekry? Wel, die Heer se genade, maar ook die Emosionele Intelligensie werkswinkel wat oor twee aande by Vredelust, my geestelike huis aangebied is. Ek pas toe wat Prof Pieter van Jaarsveld vir ons gebied het oor goeie positiewe gedagtes en emosies, 'n wete dat ek as wenner geskape is( in Sy beeld), en dat ek kan gelukkig wees ten spyte van my omstandighede. Ek visualiseer die goeie dinge wat nog kom en ek bly gli...

My Winterstorie.

Vanaand op pad terug huis toe, l ê die aarde deurdrenk  van sagte winterr ëen, die paaie is blinknat, die blare verwaaid en platgetrap, dis nou die stilte na wind en weer. En ek dink hoe dankbaar ons moet wees,die bome, die plante en ons mense. Dis mos strome van S ëen, of nie? Net daar kom die woorde op in my en wil ek skryf - ek wil dit deel met wie ookal. Wat is so spesiaal of anders aan hoe die Kaapse winter mens laat voel.   Party mense wil sommer amper semi-permanent onder die duvet inkruip. . . hulle voel die klam koue, en wil sommer hiberneer. Ander weer sien net 'n kaggelvuur, met 'n goeie Cabernet of Merlot en die een klomp wil die geselskap van goeie 'n boek h ê, die ander een liewer 'n liefdesmaat. Daar is ook sekeres wat mal is oor die nat en die grys koue.Niks keer hulle nie- hulle ry fiets , gaan stap en die winter pla hul glad nie. Vir my is die winter 'n geleentheid om ten spyte van koue en die aanmekaar grysheid, tog nog feestelik te lewe. ...

Dis weer Vrydag…en hoe voel jỳ daaroor?

Ek weet daar word gesê dat die weke vlieg en mens moenie jou tyd omwens nie, en dat jou werk ‘n belangrike deel van jou lewe is… maar ek is tóg ‘n voorstander van heerlike bevredigende vrye tyd in mens se lewe! Daardie effense tinteling van weet daar lê drie aande en twee volle dae voor jou waar jy seker kan werk inhaal, of huis skoonmaak en dergelike sleurtake of dalk moet jy werk toe gaan… of jy kan enige of allerhande  dinge doen om die lewe lekker or gemakliker te maak, om die gejaagdheid en die druk te ontsnap. Jy kan laat slaap of , soos ek, in die bed lê met ‘n warm koppie tee en die koerant wat al die week se nuus  gee, of jy kan vroeg gaan gym en dan het jy meer energie vir die dag. Jy kan besluit om ontbyt op die stoep te eet en dan dalk in jou tuin te werk.  Jy kan ‘n vriendin nooi om saam te gaan koffie drink by ‘n mooi koffiewinkel of jy kan ,soos ek ,interessante dvds by die biblioteek gaan haal om oor die naweek te kyk Dan is daar die naweek-weg...

Add on to previous post omn How I keep my life festive....

Soos ek so pas genoem het, wil ek probeer meer kommentaar uitlok deur om in albei my tale te blog Ok then, I recently looked after someone's house and pets- which I seem to do on a regular basis nowadays- when instead of feeling alone in a relatively strange house, I got onto the big double bed and surrounded myself with a few of the pleasures in my life:  a cup of tea, something light to nibble on,my favourite radio station called RSG, some new magazines and my bookfriends ( by which I mean the books I am currently enjoying) and then my other new companion namely Lucy, the Laptop. I thought to myself what more could a single woman want? Ja daar is ek toe omring deur tydskrifte nl Good Housekeeping en die 'Tuis" . my nuwe speelding, Lucy die Laptop  en die volgende baie uiteenlopende boeke, MONUMENT deur Maretha Maartens- geskiedenis en roman , "SONDAG OP "N VOELPLAAS - nog 'n nuwe Afrikaanse boek, plus "THE HAT SHOP"so lekker ligte roman wat in ...

Hoe ek my lewe feestelik hou-how i keep my life a festive journey!

This is going to be a bilingual post- I am sure I should preferably translate my own blog, rather than having people trying to use google translate!! I would also like to prompt more comments - and have a very bilingual life with friends who speak both Afrikaans and English.. So here goes. Soos ek so pas genoem het, wil ek probeer meer kommentaar uitlok deur om in albei my tale te blog Ok then, I recently looked after someone's house and pets- which I seem to do on a regular basis nowadays- when instead of feeling alone in a relatively strange house, I got onto the big double bed and surrounded myself with a few of the pleasures in my life:  a cup of tea, something light to nibble on,my favourite radio station called RSG, some new magazines and my bookfriends ( by which I mean the books I am currently enjoying) and then my other new companion namely Lucy, the Laptop. I thought to myself what more could a single woman want? Ja daar is ek toe omring deur tydskrifte nl Good Hous...

Food to add to the festivity of life......Beetroot- a discovery!

By 'n onlangse braai kom ek af op die heerlikste beet-blatjang wat ek summier besluit om dit te maak... en julle wat my ken, weet ek is nie 'n kok nie, maar die beet is rooi, en dis mooi en ek soek botteltjies ingemaakte beet-blatjang in my yskas! ! Not only is beetroot great for boosting  stamina  and making muscles work harder, it also contains  potassium, magnesium  and  iron  as well as vitamins A, B6 and C, and  Beets also contain  carbohydrates, protein, powerful antioxidants and soluble fibre.  What’s more, just three baby beetroot equal one of your recommended five portions of fruit and vegetables a day  acid. Toe maak ek dit! En dis LEKKER!! Hier is die RESEP Bestanddele 3 koppies suiker ( sommer bruin suiker) 2 koppies bruin asyn 4 koppies beet ( gekook en in blokkies gesny) 2 groot uie ( fyn gesny) 15ml kerriepoier 5ml sout 3-5 eetlepels maizena METODE Terwyl  beet kook, sit suiker en asyn in kastrol en en...

'n Nuwe jaar- 'n nuwe journey- nog steeds feestelik ?

Tradisioneel is die tyd van die jaar 'n tyd van introspeksie en terugkyk maar ook vorentoe kyk. Ek wil dit ietwat anders doen- dis vir my 'n reis na binne; 'n tyd vir stilword en selfondersoek. Om dit te doen moet mens eenkant toe beweeg- as't ware in "retreat" gaan- weg van die alledaagse haas, dinge doen, tussen mense wees .... nie altyd maklik nie , maar moontlik.   Henri Nouwen het geskryf ' Silence, solitude and prayer are often the best ways to self-knowledge.Not because they offer solutions for the complexity of our lives, but because they bring us in touch with our sacred centre, where God dwells. It is the place of adoration, thanksgiving and praise" En dit is wat ek wil doen aan die einde van hierdie jaar- die Here loof en prys vir sy elke-dag-se-Genade. Ek wil stil wees en dink oor hoe Hy my gelei het in 2013 en wat ek geleer het uit my omstandighede. Ek weet reeds ek wil nie reaktief leef nie, maar liewer kreatief!  'n Ouli...