Die wonder van woorde en boeke wat beȉndruk Ek wonder hoeveel ander alleen-mense soos ek het al die wonder en die geselskap van boeke ontdek - nie net om eensame tye vas te vat nie, maar om blymoedig en begeesterd te word? My kamer ... inteendeel , my huis is vol boeke, sommige ou vertroude vriende - ander 'n tydelike opkikker en ander vir die nou en dan se troos ! 'n Lewe sonder boeke is vir my bar en leeg. 'n Huis sonder 'n boek of tien is sonder siel. Mens moet mymer oor waar en wat jy alles lees? Op die Internet, jou selfoon, facebook, die ewige aanstuur van e-posse of die koerant? Elkeen het sy plek... vir my niks lekkerder as om my Saterdag Burger afgelewer met my eerste koppie tee in die bed te geniet nie! Dis mos 'n goeie begin vir 'n naweek, so bietjie inhaal op die belaglikhede van die politiek, die lekker artikels oor Geskiedenis en kultuur in die By en dan gou loer na die flieks wat wag! Ander kere as mens iew...
Stories and photos of how to celebrate life no matter what comes!